Vra vir Faffa

Bye, skerpioene, paddas en spinnekoppe

Vraag

Watter probleme kan bye, skerpioene, paddas en spinnekoppe vir geselskapsdiere veroorsaak?

Antwoord

Bye

Wanneer honde en katte met bye speel, word hulle maklik op die gesig, kop of binnekant van die bek gesteek. In die meerderheid van gevalle, sal die bysteek net ‘n rooi knoppie veroorsaak wat nie eers onder die hare van die troeteldier opgemerk sal word nie. Party honde en katte kan egter, net soos mense, allergies wees vir bysteke. Honde en perde is baie sensitifief vir bysteke, en katte en varke minder sensitief. 
 
Allergiese reaksies
Allergiese reaksies kan of net ‘n velreaksie insluit, of lei tot anafilakse. 
 
Erge velreaksies sluit erge swelling in en indien dit om die kop en nek voorkom, kan dit tot asemnood lei.
 
Anafilakse lei tot vrekte weens asemnood en ‘n abnormale bloedsirkulasie. Siektetekens weens anafilakse sluit in: wit tandvleise; bewerigheid; koors of lae liggaamstemperatuur; swakheid; braking; diarree; aamborstigheid; vinnige asemhaling en ineensinking. Anafilakse is ‘n noodgeval en troeteldiere kan binne 10 tot 20 minute vrek as hulle nie by ‘n veearts uitkom nie.
 
Skerpioene
Skerpioene van die Buthidae familie kan gif spoeg soortgelyk aan spoegende slange. Sulke skerpioene kan dus oogprobleme veroorsaak.
 
Ander tekens weens skerpioensteke sluit in:
·   Swelling en brandpyn op die steekplek
·   Spierkrampe
·   Moeisame slukproses
·   Speekselvloei
·   Bewe
·   Vinnige pols
·   Vrekte weens stilstand van die asemhalingstelsel en kardiovaskulêre (hart en bloedvat) stelsel
 
Paddas
Jong honde en katte hou daarvan om met paddas te speel. Alle paddas skei slym af wat skadelik is en speekselvloei kan veroorsaak. 
 
Spinnekoppe
Meeste spinnekoppe is nie aggressief nie en sal troeteldiere vermy en slegs byt as hulle bedreig voel. Volwasse katte, jong katjies en hondjies hou egter daarvan om met spinnekoppe te speel en kan dan op die lippe gebyt word.
 
Diagnosering van bysteek, skerpioen- of spinnekopbyt
Dit kan baie moeilik wees om ‘n byt te diagnoseer, aangesien die skuldige gewoonlik reeds weg is teen die tyd dat mens agterkom dat daar ‘n probleem is. Die beste advies is om ‘n yssak op die geaffekteerde area te sit en die troeteldier so stil as moontlik te hou, om sodoende die verspreiding van die gif te beperk totdat die dier by die veearts uitkom.
 
Verwysings
1. Elston D M. 2005. Life-threatening stings, bites, infestations, and parasitic diseases. Clinics in Dermatology 23: 
    164-170.
2. Oliveira E C, Pedroso P M O, Meirelles E W B, Pescador C A, Gouvêa, Driemeier D. 2007. Pathological findings in
     dogs after multiple Africanized bee stings. Toxicon 49: 1214-1218
 3. Shojai A D. 2001. The first-aid companion for dogs and cats. Rodale, USA.
4. BVSc lecture notes: Toxicology 300
5. MedicineNet.com [webblad]. Soos beskikbaar by http://www.medterms.com/
6. The Free Dictionary by Farlex [webblad]. Soos beskikbaar by http://medical-dictionary.thefreedictionary.com/
7. Shojai A D. 2001. The First Aid Companion for Dogs and Cats. Rodale Inc, USA
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom, BVSc (drsunelle@vodamail.co.za)
 
11 Januarie 2011
 
 

Kommentaar

Een kommentaar op “Bye, skerpioene, paddas en spinnekoppe

  1. Rakker
    Rakker

    My Yorki is volgens die veearts deur n spinnekop gebyt. Die knop was ongeveer n maand in sy nekkie. N week gelede het dieselfde veearts gereken dis geen rede tot kommer nie en niks hoef gedoen te word nie. N groot gholfbal sweer/abses het oopgebars en is verwyder. Die gat groot soos gholfbal. Hy is baie siek en tree vreemd op.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X