Vra vir Faffa

Bulle en speenkalwers loop saam

Vraag

Ek gaan binnekort my kalwers speen en so ook die bulle in die kudde uithaal. Is dit veilig om die bulle saam met die speenkalwers te laat loop tot en met die volgende seisoen?

Antwoord

Daar word nie aangedui of die speenkalwers net bulletjies/ossies is en of daar versies by is nie. Daar word ook nie melding gemaak van watter ras of kruising die diere is nie.

Verse: Indien daar verse by die speenkalwers is, moet die bulle glad nie saamloop nie. Verskillende rasse bereik puberteit op verskillende ouderdomme en die gevaar bestaan dat van hierdie speenverse gedek kan word op hierdie vroe? ouderdom wat vir u heelwaarskynlik kalfprobleme in die toekoms kan gee. Selfs by ‘n ras wat laat geslagsryp is, moet ‘n mens nie hierdie risiko loop nie.
Osse/bulle: Hier behoort dit nie werklik ‘n probleem te wees om groot bulle saam met die kalwers te laat loop nie. Indien u byvoeding/lekke verskaf, moet daar voldoende vreetspasie wees om te sorg dat die groot bulle nie die kalwers verhinder om te vreet nie.
Daar is een gevaar verbonde aan so ‘n praktyk – bulle is dikwels geneig om een kalf uit te soek en dan te “ry” asof dit ‘n koei is. So ‘n kalf moet dadelik verwyder word uit die trop – daar is gevalle bekend waar so ‘n kalf dood is as gevolg van die ryery.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
31 Januarie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X