Vra vir Faffa

Brucella melitensis (Maltakoors): ‘n vergete siekte

Vraag

Ek maak kaas van melk afkomstig van my melkbokke. Is daar ‘n moontlikheid dat brusellose oorgedra kan word na mense aangesien die melk nie gepasteuriseer word nie.

Antwoord

Brucella melitensis is die kiem wat brusellose in skape en bokke veroorsaak en kom ook soms in beeste voor. Die siekte is ook ‘n soönose d.w.s. mense kan die siekte kry.

Die belangrikste kliniese tekens in skape en bokke is:

  • Aborsiestorms
  • Lammers wat gebore word van besmette ooie is swak of wys geen siektetekens nie. Diere kan volgehoue draers van die brusellose kieme bly.
  • Agtergeblewe vrugvliese (nageboortes) kom veral in bokooie voor.
  • Verlaagde produksie en kwaliteit van melk.
  • Ramme mag ontsteking van hulle teelballe (testes) kry wat weer tot verlaagde vrugbaarheid lei.
  • Gewrigsontstekings (higroma’s).

Vir die volledige artikel klik op die onderstaande pdf.

Vir meer inligting kontak Dr. Sunelle Strydom (BVSc), Epidemiologie, Direktoraat Dieregesondheid, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (Sunelle@daff.gov.za)

30 November 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X