Vra vir Faffa

Boomeekhoring as troeteldier

Vraag

Ek het so jaar terug ‘n eekhoring as geskenk gekry by my man. Dis die wonderlikste diertjie onder die son en ek is natuurlik mal oor haar. Met haar aankope by die teler het ons 'n lys gekry oor als wat sy mag eet en nie mag eet nie, maar die dingetjie is soos 'n stout kind en wil als eet wat sy nie mag nie. Ek wil graag weet wat is die gevaarlikste tipe kos en lekkernye vir haar en wil ook weet of sy inspuitings moet kry. Kan my veearts haar naels knip as dit so lank en skerp is? En hoe weet 'n mens wanneer hulle siek is, watter tipe siektes hulle kry en hoe behandel jy so 'n siekte? Sy bly in 'n heerlike groot hok in my kamer. Is dit genoeg as die son lekker deur die kamervenster bak of is dit beter as hulle in direkte sonlig is?

Antwoord

 

Eekhorings behoort aan ‘n groot familie van klein of medium grootte knaagdiere, naamlik Sciuridae. Dié familie sluit boomeekhorings, grondeekhorings, eekhorings, marmotte, vlieënde eekhorings en prêriehonde in. Daar is oor ‘n honderd boomeekhoring spesies in die wêreld.
Natuurbewaringspermitte mag dalk benodig word om eekhorings as troeteldiere aan te hou.
Dieet 
Eekhorings kan nie sellulose verteer nie en is dus hoofsaaklik afhanklik van voedsel met hoë proteïen, koolhidrate en vet. Eekhorings se dieet in die natuur bestaan hoofsaaklik uit sade, dennebolle, vrugte, swamme en groen vegetasie. Wanneer eekhorings egter weens omstandighede honger ly, eet van hulle wel vleis. Dit is ook bekend dat eekhorings insekte, eiers, klein voëltjies, jong slange en selfs klein knaagdiere eet. 
Grondbone word algemeen vir eekhorings gegee, maar na aanleiding van studies word dit nie aanbeveel om vir eekhorings rou grondbone te gee nie. Rou grondbone bevat ‘n tripsien  inhibeerder wat die absorpsie van proteïen in die dermkanaal voorkom. Dit word dus aanbeveel dat mens eerder geroosterde grondbone vir eekhorinkies moet aanbied.
‘n Dieet wat net uit sade en grondbone bestaan, veroorsaak verskeie tekorte en lei tot metaboliese beensiekte.
‘n Lys van kos wat aan eekhorings gegee mag word:
·   Aspersie
·   Artisjok
·   Broccoli
·   Spruitkool
·   Kool
·   Blomkool
·   Komkommer
·   Groen bone
·   Erte
·   Pampoen
·   Soet patat
·   Zucchini
·   Murgpampoen
·   Wortels
·   Seldery
·   Slaai
·   Spinasie
·   Pietersielie
·   Appels
·   Apelkose
·   Piesang
·   Bessies
·   Kersies
·   Druiwe
·   Kiwi
·   Mango
·   Lemoene
·   Grenadella
·   Papaya
·   Perskes
·   Pere
·   Pynappels
·   Aarbeie
·   Waatlemoen
·   Meelwurms
·   Krieke
·   Hard gekookte eiers
·   Kaas
·   Ongegeurde joghurt
·   Amandels
·   Haselneute
·   Macadamianeute
·   Pekanneute
·   Groenamandels
·   Grondbone
·   Geroosterde ongesoute pampoensade
·   Sesame sade
·   Okkerneute
 
Lys van kos om te vermy:
·   Gedroogde vrugte en groente
·   Avokado
·   Knoffel
·   Uie
·   Vye
·   Vrugtesap
·   Pruime
·   Rosyne
·   Kasjoeneute
·   Sonneblomsaad
·   Dennepitte
·   Pasta
·   Brood
·   Kos wat suiker bevat, insluitende gesuikerde lekkers, koekies, versoete joghurt, gesuikerde neute, sjokolade, versoete ontbytkosse ens.
·   Kitskos, skyfies, kraakbeskuitjies, enige iets wat gesout is
·   Nagemaakte suiker en enige produkte wat dit bevat
 
Sonlig
‘n Tekort aan vitamiene D kan ook lei tot metaboliese beensiekte, aangesien ‘n tekort aan vitamiene D veroorsaak dat die liggaam nie kalsium kan absorbeer nie. Sonlig word benodig om vitamiene D in die liggaam te vervaardig. Vensters blok egter die UV strale wat nodig is om geabsorbeer te word vir die vervaardiging van vitamiene D. U eekhorinkie benodig dus ten minste 15 minute direkte sonlig per dag.
Siektes en ander kondisies
Daar is nie baie inligting beskikbaar oor die siektes wat boomeekhorings in Suid-Afrika kry nie. Die volgende kondisies is aangemeld in Suid-Afrika:
·   Trauma
·   Gewasse van die snytande – volgens ‘n artikel van Boy en Steenkamp was 9 gevalle gesien
·   Te lank uitgegroeide tande
 
Siektes en parasiete wat aangemeld is in eekhorings in ander dele van die wêreld:
·   Parapokvirus
·   Koksidiose
·   Toksoplasmose
·   Vlooie
·   Luise
·   Bosluise
·   Pasteurella multocida
·   Yersinia enterocolitica
·   Eekhoring Pokkevirus
·   “West Nile Virus”
 
Naels
Ek sien nie ‘n rede hoekom die naels nie gesny kan word nie, maar ek beveel aan dat u die eekhorinkie na u veearts neem, sodat as mens per ongeluk die naeltjie in die lewe in sny,  daar darem iets byderhand is om die bloeding te stop.
 

Verwysings:
1.     Keymer I F. 1983. Diseases of squirrels in Britain. Mammal Review 13(2-4): 155-158
2.     Gurnell J, Rushton S P, Lurz P W W, Sainsburg A W, Nettleton P, Shirley M D F, Bruemmer C and Geddes N. 2006. Squirrel poxvirus: landscape scale strategies for managing disease threat. Biological conservation 131(2): 287-295
3.     Padgett K A, Reisen W K, Kahl-Purcell N, Fang Y, Cahoon-Young B, Carney R, Anderson N, Zucca L, Woods L, Husted S and Kramer V L. 2007. West Nile Virus infection in tree squirrels (Rodentia Sciuridae) in California, 2004-2005. Am J Trop Med Hyg 76(5): 810-813
4.     Boy S C and Steeknkamp G. 2006. Odontoma-like tumours of squirrel odont incisors – elodontomas. Journal of comparative pathology 135 (1): 56-61
5.     Squirrel Rescue [webblad] Beskikbaar by http://www.squirrel-rescue.com/ soos op 15 Augustus 2010
6.     Squirrels [webblad] Beskikbaar by http://www.wikipedia.org/ soos op 15 August 2010
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
21 Augustus 2010

Kommentaar

Kommentaar (19) “Boomeekhoring as troeteldier

  1. Lou-Murie
    Lou-Murie

    ‘n eekoringtjie wat ‘n paar daggie oud is? wat moet hulle drink en hoe kry mens so dingetjie groot? wat is die volume van die melk en die tyds berekening?

  2. magda
    magda

    Ek het n eekhoringkie vir 2 maande gehad maar hyt ongelukkig verdrink. Dit was en is nog die ergste vir my> Ek huil nog as ek n foto van hom sien of sy kruisie by sy graffie. Ek sukkel om te vergeet. Dit is die wonderlikste diertjie op die aarde. Hy was so oulik en slim, saam met my honde baljaar en op die een se rug gery en sy hare gekam. Saam met hulle om die huis gehardloop of agter my man aangeloop en hom geterroriseer. Is daar iemand wat dalk vir my n eekhoringkie kan skenk of goedkoop verkoop. Nodeloos om te se, die swembad is verkoop. n wyfie asb. Ek verlang na my baba.

  3. Maud de Bruin
    Maud de Bruin

    ek het n eethoringkie gekry twee weke oud. Het hom net kitty melk gegee. Vanoggend 6uur nog gedrink en kwart voor agt op die kombersie gestaan en sy skeeu geluidjies gemaak. Daarna het hy net baie hakkerig begin asem haal en keur aan houdedend. Is daar iemand wat vir my dringend raad kan gee. Hy wil nou glad nie voiding vat nie.

  4. Johan
    Johan

    Ons het ‘n kleintjie by ‘n vakansie huis gekry wat uit die grasdak uitgeval het. My dogter het hom op pro-nutro groot gemaak. Hy is onlangs dood op ouderdom van omtrent 6 jaar.

  5. Christo
    Christo

    Ek het n kleintjie gekry wat uit die nes geval het. Haar ogies was nog toe so klein was sy. Ons het haar ook met katjie melk grootgemaak. Sy was die wonderlikste troeteldier. Sy het ons gesoen, met die honde gespeel maar was baie aggresief teenoor vreemde mense. Sy is dood op so 2 jaar a.g.v. n ongeluk. Dit is nou al meer as 8 maande en ons huil steeds oor haar. Dit is soos om jou eie kind aan die dood af te staan. As iemand n kleitjie het wat hul wil verkoop, n wyfie, asseblief kontak my.!

  6. Susan van der Merwe
    Susan van der Merwe

    Hallo, kan iemand asb. vir my se of ek ‘n permit nodig het vir ‘n eekhoring?

  7. Irene Horn
    Irene Horn

    Ek is dringend op soek na n wyfie eekhoring. Kan iemand wat met eekhorings teel my asseblief kontak?

  8. Cecilia
    Cecilia

    Hi ek het nounet n baba gekry wat uit Nessie geval het kan iemand help wat is kitty melk en elke hoeveel ure drink hy dit.

  9. Daniël Botha
    Daniël Botha

    Hoe oud word die eetkorintjies en watse speel goed kord hulle

  10. Tanja
    Tanja

    hi daar. Ek het n grond eetkoring.. Kan iemand vi my se of ht water drink of kry hy dit van sy kos?? Ek sit water neer maar kan nie sien of hy dit drink.

  11. Dr R Williams
    Dr R Williams

    Ek is ernstig op soek na een of meer pare eekhorinkies. Kan iemand help?
    Dr R Williams
    mervander@telkomsa.net

  12. Gerda
    Gerda

    Ek het n baie mak eekhoring gehad vir 8 maande. Sy het vrylik in die bos geloop, maar is ewe skielik net weg……….. verlaat hulle hul ‘HUIS’ sodra hul reg is vir die mannetjies, of raak hul sommer net weg uit hul gebied?

    Ek bly in n reservaat, en wil weer een aanskaf, maar nie as dit in hul geaardheid is om weg te gaan nie!

    Bosveld groete

    Gerda

  13. Rikus
    Rikus

    Ek het vandag n baba eetkoringtjiengekry hy het uit my dak uitgeval . Hy byt nog glad nie . Ek wil graag weet wat kan ek vir hom gee om te eet ?? en hoe .. hulp asb
    rikusbreet@icloud.com

  14. Amanda
    Amanda

    Kan baba eekhorinkies melk drink

  15. Elize
    Elize

    Goeie dag, Ek wil graag weet hoe lank leef n eekhoring.

    • Liezl Vercueil
      Liezl Vercueil

      Hi Elize,
      dit lyk of hulle wild so gemiddeld vyf jaar leef, maar in aanhouding tot so lank as 20 jaar.
      Groete

  16. Janine
    Janine

    Hi. Ek het ook n dogtertjie eekhoring gehad. Sy was die lieflikste en oulikste troeteldier en ons harte is stukkend en die trane stroom elke dag. As ons na haar hok kyk dan breek mens se hart. Ek het een middag van die werk afgekom en toe kry ek haar net le in haar hokkie. Ek het met jaar veaarts toe gejaag en hy het x strale geneem en gese sy het haar ruggie gebreek en hy moes haar uitsit. Dus nou 3 weke en die trane stop nie. Niemand het ooit vir my gese mens moet hulle n calcium aanvulling gee nie want hulle beentjies is baie sag. Dit is hartverskeurend seer. As daar iemand is wat een wil verkoop vir nie te duur nie asb laat weet my asb.

  17. Mellisa
    Mellisa

    Goeie dag mensies,waar kan ek n eekhoring ook kry ek sukkel al die hele week en soek ook n eekhoring help asseblief WhatsApp of bel 0823060138 asseblief mensies

    • Corli van der Merwe
      Corli van der Merwe

      Hallo Melissa. As jy in Stellenbosch rondloop, sal jy sien hulle hardloop sommer wild daar rond! Jy kan dalk een gaan vang. Groete, Corli


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X