Vra vir Faffa

Bonsmara- of Brahmanbul by Dexterkoeie

Vraag

Ek het Dexterkoeie. Kan my Bonsmara- of Brahmaanbul hul dek? Kan daar kalfprobleme voorkom?

Antwoord

Volwasse Dexterkoeie is normaalweg ongeveer twee-derdes van die grootte van volwasse Bonsmara of Brahmaankoeie en daarom kan die paring met Bonsmara en/of Brahmaanbulle ‘n probleem skep.

Daar is bewyse van Dexterkoeie wat suksesvol met selfs rasse soos die Limousine en die Gelbvieh gepaar is sonder enige kalfprobleme, maar dit is en bly steeds ‘n risiko. Soos ek dit verstaan wil u die koeie paar met Bonsmara en Brahmaanbulle wat reeds beskikbaar is – ongelukkig verstrek u geen inligting oor die bulle self nie.
Praktiese ondervinding het geleer dat by sulke tipes paring dit verkieslik sal wees om eerder die Bonsmarabul te gebruik aangesien dit dikwels gebeur dat die skof van die Brahmaankalf veroorsaak dat die kalf vassit (het al gesien dat Jerseykoeie probleme het daarmee) . Hierdie tipe kruising (grootraam X ultra-klein) kan egter kalfprobleme skep en dit is net wenslik dat daar gekyk moet word na faktore wat ‘n invloed het op distokia (moeilike geboortes). Hierdie faktore kan in twee groepe verdeel word :
1)    Faktore wat die gootte en vorm van die kalf be?nvloed
2)    Faktore wat die koei in staat stel om geboorte te skenk
Laasgenoemde faktore is reeds bespreek ( sien pelvismeting)
Faktore wat die grootte van die kalf be?nvloed is o.a. die ouderdom van die ma, die geslag van die kalf, dragtigheidsduur, ras en genotipe van die vaar, kondisie van die koei, voeding tydens dragtigheid en die vorm van die kalf.
Dit is dus belangrik om sogenaamde “calving ease” bulle te gebruik en aandag te gee aan al bogemelde faktore voordat u die kruising doen. ‘n Ander mootlikheid is dalk om ‘n kleiner raamtipe soos die Nguni of die Boran te gebruik en dan op die nageslag Bonsmara- of Brahmaanbulle te gebruik.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
5 Januarie 2012
Lees ook:

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X