Vra vir Faffa

Bokke uitverhuur

Vraag

Ek het 24 Kalahari Reds wat ek vir 5 jaar wil uitverhuur. Ek dink om dit as volg te doen. Ek verhuur 24 Kalahari Reds ooie sê op 1 November 2009. Ek soek dan boklammetjies as volg terug: Vir 5 jaar elke jaar vanaf 1 Nov 2010 soek ek 12 bokkies van ten minste 15 kg terug en na die 5 jaar weer my oorspronklike 24 terug wat ek in die begin gegee het. Is dit n billike verhuring of word die een party benadeel? Christo

Antwoord

Hierdie lyk na ‘n heel aanvaarbare en billike manier van verhuring. ‘n Ander alternatiewe manier van verhuring is om ‘n jaarliks huurwaarde te vra deur ‘n sekere persentasie (byvoorbeeld 10 – 20 %) van die waarde van ‘n ooi as huurwaarde te neem. As ‘n ooi R1500 werd is, is die huurwaarde dan R150 – R300/ooi/jaar. Aan die einde van die huurperiode moet 24 ooie, met dieselfde ouderdomstruktuur as die oorspronklike kudde, weer teruggegee word.

 
Geskryf deur: dr.Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
7 November 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X