Vra vir Faffa

Boetebossies giftig vir skape, beeste en varke

Vraag

Kan skape van boetebossies vrek?

Antwoord

Die wetenskaplike naam van boetebos is Xanthium  spp.

Vergiftiging is raar. Varke word meesal vergiftig, maar beeste en skape is ook vatbaar. Die lewer en in ‘n mindere mate die niere word aangetas.
Die gifstof karboksiatraktilosied is in die kotiledons (embrio’s in die sade van ‘n plant) van die plant en verdwyn vinnig as die sade ontkiem. Jong saailinge in die tweeblaarstadium is veral giftig vir varke. Die sade veroorsaak probleme soos obstruksie en inflammasie as hulle by die opening van die skede van bulle vashaak.
Kliniese tekens van vergiftiging toon: abdominale pyn, spierswakheid en konvulsies.
Behandeling: Kontak u veearts wat lewerbeskermende middels sal toedien.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
27 Maart 2010
Kellerman, T.S. , Coetzer, J.A.W.. Naude. T.W. en Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicosis of livestock in Southern Africa. Oxford University Press.                                         ISBN 978 0 19 57613 4

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X