Vra vir Faffa

Boerwindhondtefies se gedrag

Vraag

Ek is van plan om vir my twee Boerwindhondtefies op dieselfde tyd aan te skaf sodat hulle saam kan grootword. Ek het reeds 'n reun wat ongeveer 2 jaar oud gaan wees wanneer ek die tefies koop. Ek hoor egter twee tewe is geneig om met mekaar te baklei wanneer hulle volwasse word. Nou wil ek weet of die probleem by windhonde voorkom of is dit net 'n probleem van bakleierige honderasse?

Antwoord

Enige twee tewe van dieselfde ouderdom en grootte is meer geneig tot inter-hond aggressie, veral wanneer hulle sosiale volwassenheid bereik wat so van 18-36 maande is.  Dit kan egter ook tussen ‘n reun en ‘n teef gebeur – dis gewoonlik beter om ‘n lekker groot ouderdomsgaping te hê (ten minste 6 maande, verkieslik ‘n jaar).  Dis egter nie te sê dat daar definitief ‘n probleem sal wees nie – die kanse daarvoor is net hoër met die kombinasie wat jy oorweeg.  Dalk is jy gelukkig en alles gaan goed en ten minste is die ras minder geneig tot inter-hond aggressie as sommige ander.

Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Departement van Geselskapdiere Kliniese Studies

Fakulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

 

3 April 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X