Vra vir Faffa

Boerdery met Dorpers

Vraag

Ek wil graag bietjie meer uitvind oor die rede waarom Dorpers meestal ekstensief aangehou word? Ek het ook gelees 10% van die voeding moet saans aan Dorpers voorsien word. Wat is belangrik om in te sluit by hierdie voeding?

Antwoord

Die Dorperras is in die laat 1940 ontwikkel by die Grootfontein Landbou Kollege.  Die probleem was destyds dat in die droë dele van Suid-Afrika hoofsaaklik met vetsterttipe skape soos die Afrikaner-, Persie- en Damaraskape geboer is.  Die karkasse was egter van swak kwaliteit en huisvrouens  wou ook nie die oordrewe vet karkasse koop nie.

 Die ontwikkeling van die Dorper het dus vereis dat dit ‘n geharde skaap moet wees om te kan floreer in die droë dele van ons  land terwyl dit ‘n vinniggroeiende lam met ‘n kwaliteitkarkas kan groot maak.    Die karkaskwaliteit moes dramaties verbeter word en die Dorper het toe ontstaan uit die Dorset Horn, ‘n Engelse vleisrasskaap wat gekruis is met die Swartkop Persie, ‘n geharde skaap van Suid-Afrika.  

Tans is daar meer as 6 000 000 Dorperskape in Suid-Afrika en daar word ‘n baie klein persentasie van hulle in voerkrale aangehou, bloot omdat dit nie die doel was waarvoor hulle geteel is nie.  Dorpers doen egter goed in voerkrale, optimale voeding ontsluit altyd die genetiese potensiaal.  Daar is egter die probleem dat hulle in die kunsmatige en ook goeie voedingsomstandighede maklik oorvet kan raak as die voeding nie reg bestuur word nie,  wat die prys wat jy vir die karkas gaan kry negatief kan beïnvloed.   

Dorpers produseer baie kostedoeltreffend op natuurlike weiding en dit is ook waarom dit die ras van keuse van duisende skaapboere dwarsoor die wêreld is. Die Dorper kom al in meer as 50 ander lande voor, waar hulle welvaart vir hulle eienaars skep.   Die Dorper oorheers ook die SAMIC slaglamkompetisie vir die afgelope 20 jaar, wat ‘n verdere  bewys is dat die pioneers daarin geslaag het om ‘n geharde ras met die beste karkas te ontwikkel.

Volgens my ervaring vreet ‘n Dorper in die dag en nag en sou ek sê dat hulle meer as 10% van hulle kos in die nag vreet, eerder nader aan 50% en selfs meer.   Wanneer jy skape in ‘n intensiewe sisteem aanhou, is dit belangrik dat jy ‘n goed gebalanseerde voer vir die diere gee.   Ek gebruik Feedmaster se stoetkorrel en ook hulle afrondkorrels met groot sukses. 

Geskryf deur: Charl Saunderson, Dorperboer in die Noord-Kaap (charl@dorpers.co.za)

20 September 2013


Kommentaar

Kommentaar (2) “Boerdery met Dorpers

  1. Roland Rohrs
    Roland Rohrs

    Baie mooi artikle. Ek het nou net begin met boerdery en leer nog, een probleem van die skape cry n swelsel onder die onderste kakebeen, wat is die rede en tweedens is ek Gesellschaft skaape moet nie uit die cement kraal todat die dou van die veld grass gedroog is?

    Kan u asb raad gee.

    Dankie
    Roland


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X