Vra vir Faffa

Boerbokteikenmassas

Vraag

Wat moet die normale gemiddelde gewig wees van 'n boerbokooi en hamel op 6 maande ouderdom in Springbokarea. Lammers loop in die veld vanaf geboorte en word nooit gevoer nie. Johan Swart

Antwoord

Die massa van diere kan dramaties tussen verskillende omgewings verskil. Afgesien van die genetiese gehalte wat die grootte van diere bepaal, is die grootste bepalende faktor van die grootte van diere die voedingspeil, asook die gehalte van die voeding wat hulle ontvang. Die beste manier om ‘n aanduiding van die gemiddelde massas van diere te kry, is om die gemiddelde massa van boerbokke op verskillende stadiums van die omringende boerbokprodusente, wat onder dieselfde omstandighede boer, te kry. Studiegroepe, boereverenigings asook die Departement van Landbou se voorligtingskantore op Springbok, Vredendal of Upington kan dalk ook inligting in die verband hê. Probeer ook die Boerboktelersvereniging by boerbok@adsactive.com of www.boerboksa.co.za

 
Die volgende teikenmassas kan egter as riglyne gebruik word:
 
·       Geboortemassa: ongeveer 8 tot 9 % van volwasse massa;
·       Speenmassa op 100 dae: ongeveer 45 tot 50 % van volwasse massa;
·       Massa op ses maande: ongeveer 60 % van volwasse massa;
·       Massa op nege maande: ongeveer 70 % van volwasse massa;
·       Massa op 12 maande: ongeveer 80 % van volwasse massa;
·       Massa op 15 maande: ongeveer 90 % van volwasse massa en
·       Massa op 24 maande: ongeveer 100 % van volwasse massa.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
11 Oktober 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X