Vra vir Faffa

Boerbokke op aangeplante weiding en akkervergiftiging

Vraag

Ek wil met Boerbokke begin boer. Ek boer langs ‘n spruit met baie katbos en wil dit benut. Ek is ‘n saaiboer en wil graag weet of dit nie beter sou wees om op kleiner kampies met aangeplante weidings te konsentreer nie? Ek kyk veral na bestuur, diefstal, bedrading- en behuisingskoste. Is akkerbome geskik vir bokke?

Antwoord

Boerbokke vaar ook goed op aangeplante weiding met kleiner kampies. In Prieska-area is daar Boerbokboere wat uitstekende resultate op aangeplante weiding behaal. Weens die hoë voedingspeil op aangeplante weiding het dit ‘n hoë reproduksietempo tot gevolg en die sogende lammers groei baie vinnig omdat die ooie baie melk produseer. Aangeheg is ‘n voedingsprogram vir skape wat ook uitstekende resultate met bokke gee. 

VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE
 
Vir meer inligting kan die webblad van die "South African Boer Goat Breeders’ Association" geraadpleeg word.
 
Geskryf Deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
Akkervergiftiging is hoofsaaklik ‘n probleem in beeste in Suid-Afrika. Eksperimenteel egter is beeste, skape, bokke, konyne en marmotte wel vergiftig deur hulle gedroogde bloeisels, uitloopsels, blare en takkies van akkerbome te voer. Beeste jonger as twee jaar was meer vatbaar vir vergiftiging. Varke en voëls skyn nie vatbaar vir vergiftiging te wees nie.
Beeste wat vergiftig word, het erge nieraantasting getoon. Uitbreke kom gewoonlik in die herfs en winter voor wanneer afgevalde akkers vrylik beskikbaar is. Droogtetoestande kan ook ‘n rol speel as min weiding beskikbaar is. Na ‘n erge storm kan takke van akkerbome ook afbreek en mag diere blare en akkers vreet, met dodelike gevolge.
Kliniese tekens van vergiftiging kom gewoonlik 4 tot 9 dae na die inname van akkers voor. Waar melkkoeie akkers vreet, is die melk bitter en onbruikbaar.
Alle soorte akkerbome moet as giftig beskou word nieteenstaande die feit dat diere van tyd tot tyd akkers vreet sonder om siek te word.
Bron:
Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.W. en Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and Mycotoxicosis of Livestock in Southern Africa. ISBN 978 0 19 57613 4
 
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartseny Konsultant. (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
11 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X