Vra vir Faffa

Boek oor vleisbeesteling uitgegee deur die LNR-Diereproduksie-Instituut

Vraag

Waar kan ek inligting oor vleisbeesteling kry?

Antwoord

BEEF BREEDING IN SOUTH AFRICA, 2de UITGAWE, 2010

 
Die LNR-Diereproduksie-Institiuut het die tweede uitgawe van die boek “Beef Breeding in South Africa” gepubliseer. Die boek bevat volledige inligting oor vleisbeesteling in Suid-Afrika waarin welbekende en gerespekteerede wetenskaplikes belangrike diereteelt aspekte bespreek. Die tweeledige 2de uitgawe bevat 12 hoofstukke wat gerangskik is om die volgende drie temas te bespreek, naamlik Begrip van diereteelt (5 hoofstukke), Vordering in telingstegnologie (3 hoofstukke) en Praktiese toepassings (4 hoofstukke), almal in Deel een. Deel twee bevat inligting oor al die vleis- en dubbeldoelrasse wat in Suid-Afrika erken word, sowel as hulle prestasie-inligting vanaf 1999 tot 2008.
 
Die boek begin met ‘n oorsig oor diere-aantekening, teling, seleksie en effektiewe kruisteling waarvan elke suksesvolle stoet en kommersiële teler moet weet. Die belangrikheid van beraamde teelwaardes word spesifiek aangespreek en beide stoet en kommersiële telers behoort nou ‘n beter begrip te hê van teelwaardes as ‘n seleksie hulpmiddel. Een van die probleme met diere-aantekening in Suid-Afrika is foutiewe aantekening wat hoofsaaklik te wyte is aan selektiewe aantekening, verkeerde kontemporêre groepe en ‘n oneffektiewe wegingsprogram. Al hierdie aspekte word aangespreek in ‘n hoofstuk wat deur alle stoettelers, tegniese beamptes van diensverskaffers en telersgenootskappe gelees moet word. Die boek bied ook aan besluitnemers meer insig oor die nuutste en toekomstige seleksiehulpmiddels, die toepassing van DNS tegnologie sowel as ‘n bespreking oor die beginsels van ekonomiese seleksie-indekse.
 
Deel twee van die boek bevat statistieke en ‘n kort beskrywing van al 34 rasse wat in Suid-Afrika erken word. Hierdie inligting is van belang vir beesboere wat wil begin boer en sukkel met raskeuse, maar ook vir bestaande boere wat kruisteling oorweeg. Al die inligting oor die rasse is opgedateer en die inligting van tot nou toe redelik onbekende rasse is bygevoeg.
 
Die boek bestaan uit 296 bladsye en is in ‘n B5 formaat.
 
Die boek is beskikbaar vanaf 14 Junie en kan bestel word van:
                                                           Me Annetjie Loubser
                                                            Faks: 012 665 1605; Tel: 012 672 9153 
                                                            E-posl: aloubser@arc.agric.za
                                                            ARC –Diereproduksie-Instituut,   
                                                           Privaat Sak X2
                                                            Highveld Park       0067
 
Weens die groothartige bydrae van die adverteerders en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kos die boek slegs R 200-00 (BTW ingesluit). Posgeld en verpakking beloop ‘n verdere R35-00.
 
25 Junie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X