Vra vir Faffa

Bloudisselvergiftiging

Vraag

Daar groei baie bloudissels tussen my lusern. Kan die plante vergiftiging veroorsaak as ek die lusern baal?

Antwoord

Argemone spesies of bloudissel –  Engels: Prickly poppy, Mexican poppy, is eenjarige of meerjarige eksotiese vuilgoed. Die plant kan tot een meter hoog groei. Die plante kom algemeen voor op ou lande, lusern weiding, koringlande en langs paaie.

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1813&bih=812&q=argemone+plant&oq=Argemone&gs_l=img.1.5.0l10.1830.5176.0.13614.8.7.0.1.1.0.301.1621.2-6j1.7.0….0…1ac.1.64.img..0.8.1624.CBJKAQRmvEc

Die plant bevat die toksien isokinolien alkaloïede, berberien en protopien, terwyl sanguinarien en dihidrosanguinarien in die sade voorkom.

Hierdie plante is baie onsmaaklik en vergiftiging van diere vind selde plaas. Gevalle waar vergiftiging wel aangemeld is, is waar daar baie sydissels  in die lusern voorgekom het en beeste vir ‘n paar maande daarmee gevoer is.

Die beeste ontwikkel erge onderhuidse swelsels op die onderste gedeelte van die liggaam, word maer en vrek. Erge vog aansameling vind in die liggaamsholtes plaas en diere haal moeilik asem. Die spiere word ook aangetas.

As die bloudisselsaadjies in koring te lande kom, en brood word van die meel gemaak, kan mense gloukoom  en epidemiese “dropsy” ontwikkel. Vleis van skape wat aan bloudisselvergiftiging gevrek het, is oor ‘n periode van 3 maande deur mense geëet en twee uit 5 kinders is dood a.g.v. hartaantasting.Bron

Kellerman, T.S, Coetzer, J.A.W, Naude, T.W and Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicosis of livestock in Southern Africa. Oxford University Press. ISBN 978 0 19 576613

Saamgestel deur dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant  (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

1 Februarie 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Bloudisselvergiftiging

  1. Charlene
    Charlene

    Hi daar. Wat kan mens gebruik om dit dood te maak en nie jou loesern skade bring nie?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X