Vra vir Faffa

Bloubuffelsgras gevestig met lote

Vraag

Kan Bloubuffel in Januarie suksesvol gevestig word van lote/plante wat korter gesny is in nuut voorbereide grond? Wat sou die waterbehoefte en bemesting benodigdhede wees? Die area is Messina met semi sand en rooigrond. Grasaanplanting gaan besproei word.

Antwoord

Bloubuffelgras kan wel nog in Januarie met plantjies geplant word.

Dit is nie ‘n algemene gebruik nie, aangesien dit tydrowend is en baie hande-arbeid benodig.

Indien dit wel gedoen word,  maak seker dat die plantjies, wat gebruik gaan word, wortels aan het

Die grond rondom die plantjies moet baie goed vasgetrap word nadat die lote geplant is.

Minstens  250 kg/ha MAP (Mono-ammoniumfosfaat; 11% Stikstof(N), 22% Fosfaat (P) en 0% Kalium (K)) behoort met laaste bewerking (voor plant) ingewerk te word.

Besproeiing met ± 25 mm water per week sal nodig wees

Nadat plantjies goed gevestig is en aktief groei,  kan verdere stikstof toegedien word.

Geskryf deur: Professor Chris Dannhauser, Weidingskundige, chriswei@vodamail.co.za)

21 Januarie 2017

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X