Vra vir Faffa

Bloednierentstof vir lammers

Vraag

My ooie lam op groenvoer en die lammers het dadelik toegang tot kruipvoer (superlamkorrels). Ek spuit jaarliks teen bloednier. Op watter ouderdom moet ek die lammers teen bloednier spuit? - Gert Jacobsdal

Antwoord

Lammers word op twee maniere teen bloednier beskerm

Passiewe immuniteit
Deur genoeg biesmelk (ten minste een tiende van die liggaamsgewig van die lam) van ‘n ooi, wat gereeld teen bloednier ingeënt is (verkieslik 4 tot 6 weke voor ooie lam), binne 8 uur na geboorte in te neem.

Aktiewe immuniteit
Deur die lam met ‘n entstof wat Clostridium perfringens tipe D  tokso?ede (ge?naktiveerde toksienes) bevat in te ent,  behoort die lam se immuunstelsel teenliggame teen die gifstof te vervaardig.
Voordat ‘n entstof aangekoop word, moet die voubiljet met gebruiksaanwysings deeglik bestudeer word.

Hieronder volg ‘n lys van entstowwe wat bloednier antitoksien bevat en inligting  oor wanneer die entstof die eerste keer toegedien moet word, word verkry van die voubiljet. Die entstowwe wat net die bloednier tokso?ed (ge?naktiveerde epsilontoksien) bevat, word meer volledig bespreek. 

•    Bloednier (Olie-emulsie) entstof (Onderstepoort Biologiese Produkte)

Lammers kan ge?mmuniseer word vanaf 4-5 maande ouderdom of selfs vroeër as hulle op ‘n jong ouderdom gespeen word.

Die beste immuniteit word verkry as die lammers eers met die Bloednier (Olie-emulsie) entstof geënt word en daarna opgevolg word met die aluin Bloednier entstof 4-6 weke later. As lammers jonger as 4 maande oud die eerste keer, soos hierbo beskryf, teen bloednier ge?mmuniseer word, moet ‘n skraagdosis (“booster”) met die aluin bloednierentstof 6 tot 8 maande later gegee word. Hierna moet ‘n jaarlikse skraagdosis met die bloednier aluinentstof gegee word.

NB. Lammers jonger as 2 maande en wat in swak kondisie is, asook die wat met parasiete besmet en dalk ‘n onderliggende siektetoestand het, sal nie ‘n goeie immuniteit ontwikkel nie!

•    Bloednier (Aluin) entstof (Onderstepoort Biologiese Produkte)

Lammers kan ge?mmuniseer word vanaf 4-5 maande ouderdom of selfs vroeër as hulle op ‘n jong ouderdom gespeen word.

Die beste immuniteit word verkry as die lammers eers met die Bloednier (Olie-emulsie) entstof geënt word en daarna opgevolg word met die aluin Bloednier entstof 4-6 weke later.

As lammers jonger as 4 maande oud die eerste keer, soos hierbo beskryf, teen bloednier ge?mmuniseer word, moet ‘n skraagdosis (“booster”) met die aluin bloednierentstof 6 tot 8 maande later gegee word. Hierna moet ‘n jaarlikse skraagdosis met die bloednier aluinentstof gegee word.

NB. Lammers jonger as 2 maande en wat in swak kondisie is, asook die wat met parasiete besmet en dalk ‘n onderliggende siektetoestand het, sal nie ‘n goeie immuniteit ontwikkel nie!

•    Pulpyvax -1-Shot (olie adjuvant) Intervet/Schering Plough

Lammers moet die eerste keer op 4 maande ouderdom ingeënt word.

Immuniteit word  2 tot 3 weke na inenting bereik en hou vir ‘n jaar.

Lammers gebore van ooie wat 10 tot 14  dae voor lamtyd met bloednierentstof ge?mmuniseer is, word deur biesmelkimmuniteit beskerm vir 12 tot 16 weke.

Wat alle entstowwe betref kan immuniteit nie gewaarborg word nie en moet u veearts geraadpleeg word in verband met alle voorkomende maatre?ls om bloednier te voorkom.

•    Pulpyvax (aluin adjuvant) Intervet/Schering/Plough

Aan skape wat nooit voorheen ingeënt was nie, kan 2 inentings 4 tot 6 weke uitmekaar gegee word.

Lammers kan van 3 maande oud ge?nt word met ‘n skraagdosis 4 tot 6weke later.

‘n Jaarlikse skraagdosis moet vir die hele kudde gegee word 2 tot 6 weke voor die ooie gaan lam.

Lammers gebore van ooie wat ingeënt is voor lamtyd, word vir 12 tot 16 weke beskerm deur teenliggame in die biesmelk.

Wat alle entstowwe betref kan immuniteit nie gewaarborg word nie en moet u veearts geraadpleeg word in verband met alle voorkomende maatre?ls om bloednier te voorkom.

Kombinasie entstowwe wat bloednier (Clostridium perfringens tipe D) tokso?ed bevat

Coglamune (Ceva AH) G3714

Coglavax (Ceva AH) G3684

Covexin 10 (Intervet/Schering/Plough bemark deur Afrivet) G3354

Cydectin Eweguard (Pfizer AH bemark deur Bayer AH) G2304

Cydectin Eweguard met Selenium en Vitamien B 12 (Pfizer AH bemark deur

Bayer AH) G3541

Glanvax 3 (Pfizer AH) G2347

Multiclos (Intervet/Schering/Plough) G3392

Multivax P (Intervet/Schering Plough) G1517

Multivax P Plus (Intervet/Schering/Plough) G3694

One Shot Ultra 7 (Pfizer AH) G2818

Siteguard MLG (Intervet/Schering/Plough) G1478

Tasvax PK plus (Afrivet) G1401

Ultrachoice 7 (Pfizer AH) G2804

Ter afsluiting word weer benadruk dat u die voubiljet deeglik  vir inligting rakende die toediening van die entstof moet bestudeer:

•    In gebiede waar daar ’n baie hoë voorkoms van bloednier is (bv. op aangeplante weidings en in skaapvoerkrale), word ‘n derde inenting vir lammers in hulle eerste lewensjaar aanbeveel

•    die ouderdom waarop die entstof die eerste keer toegedien word

•    wanneer die eerste skraagdosis en daarna jaarlikse inenting toegedien moet word

•    die dosis

•    ander voorsorgmaatreëls

Lees ook die volgende antwoorde op Vra vir Faffa:

     Entstowwe en immunisering
     Waarom faal inenting?
     Entstowwe vir skape
     Bestuursriglyne vir skape en bokke
     Clostridium perfringens – vergiftiging by skape
     Bloednier – seker die belangrikste skaapsiekte
     Bloednier by skape
     Enterotoksemie: Rede vir groot vrektes by herkouers
     Ent teen bloednier
     Bloednier-inenting vóór wurmdosering?

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant

5 Oktober 2009


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X