Vra vir Faffa

Bloed in ram se mis

Vraag

Ek het 'n ram wat bloed in sy mis het. Die ram se anus het op 'n staduim gebloei. Ek het hom eenkant afgehok en hou hom nou dop. Wat kan die oorsaak wees?

Antwoord

Vraag:
Ek het ‘n ram wat bloed in sy mis het. Die ram se anus het op ‘n staduim gebloei. Dit het egter nou opgeklaar en daar is net ‘n geringe rooi skynsel oor in die mis. Ek het hom eenkant afgehok en hou hom nou dop. Wat kan die oorsaak wees? – Alwyn Botha (jamba@mweb.co.za)

Antwoord:
Baie moontlikhede, maar dis ‘n seldsame verskynsel. ‘n Bloeding veroorsaak deur ‘n besering is die eerste moontlikheid waaraan gedink moet word bv. ‘n mismonster wat geneem is, homoseksuele dekking. Daar kan die een of ander afwyking teenwoordig wees bv. papille (vratte) en selfs kanker. Koksidiose kan ook bloed in die mis veroorsaak, maar dit lyk na ‘n vae moontlikheid in hierdie geval. Omdat dit ‘n ram is, is dit die moeite en geld werd om hom deeglik deur ‘n veearts te laat ondersoek indien die bloeding aanhou.

 

  • Geskryf deur prof. Gareth Bath, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    3 September 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X