Vra vir Faffa

Bloed in beesmis

Vraag

'n Leser se dragtige koeie het bloed in hul mis en sy wil weet wat die oorsaak kan wees en hoe om dit te behandel.

Antwoord

Vraag:
Ek het in Oktober Braunvieh koeie in die Petrusville-distrik gekoop en na Namibië gebring (Sandveld). Ek het nou dragtige koeie wat bloed in hul mis het. Wat kan die oorsaak wees en hoe behandel ek hulle? – Henriette Le Grange, Aurora Braunvieh Stoet (www.aurora-braunvieh.com)

Antwoord:
As daar bloeding in die spysverteringstelsel is, kan ons volgens die kleur van die mis min of meer vasstel waar die bloeding vandaan kom.

 

  • Bloeding in die abomasum (melkpens).
    Die mis is swart tot donkerbruin en teeragtig.

     

  • Bloeding in die dunderm.
    Die mis is swart-bruin, donkerrooi.

     

  • Bloeding in die blindesak (sekum) en dikderm.
    Die kleur van die bloed is onveranderd en die mis het ‘n rooierige kleur. Indien bloeding in die laaste gedeelte van die dikderm voorkom, mag selfs stolsels van bloed in die mis voorkom.

    Oorsake van bloeding:

    Sere (ulkusse) in die spysverteringstelsel

     

  • Maagsere kom gewoonlik in die melkpens voor en selde in die duodenum.
  • Beesleukosevirus kan ook ulserasies van die dermslymvlies veroorsaak.

    Leweraantasting

    In toestande waar die lewer erg aangetas is, onstaan daar probleme met bloedstolling en kan daar bloeding in die derm plaasvind.

    Ontsteking van die spysverteringstelsel (bloederige diarree)

     

  • Beeste met mukosa siekte (BVD) mag vars of gestolde bloed in die waterige diarree hê.
  • Slenkdalkoors mag ook ‘n bloederige diarree tot gevolg hê.
  • Runderpesvirus veroorsaak ?n erge diarree met bloed en slym in die mis (huidiglikuitgeroei in RSA)
  • Bakterieë wat rooiderm veroorsaak: Clostridium perfringens tipes A, B,C en D.
  • Hemoragiese enteritis veroorsaak deur C. sordellii.
  • Salmonellose kan ook soms ‘n bloederige diarree tot gevolg hê.
  • Kolibassilose (soms) veroorsaak deur Escherichia coli.
  • As ‘n dier aan miltsiekte gevrek het, kom daar bloed by die anus uit.
  • Hartwater mag ‘n bloederige diarree tot gevolg hê. (Jerseys)

    Gewasse

     

  • Gewasse wat in die dermkanaal voorkom, kan aan die bloei gaan.

    Obstruksie en beserings

    Waar intussussepsie (knoop in die derm) geskied of waar derms om hulle self draai (torsie, volvulus), mag daar ook bloeding teenwoordig wees.

    Enige kondisie wat tot erge parsie lei, kan tot bloeding in die mis lei.

    Trauma in die rektumarea (horing,ander beserings) mag ook tot bloeding lei.

    Parasiete

     

  • ‘n Erge haarwurmbesmetting in die melkpens kan bloeding veroorsaak.
  • ‘n Haakwurmbesmetting veroorsaak bloeding in die dunderm.
  • Koksidiose (‘n protosoïese parasiet) veroorsaak bloeding.

    Vergiftigings

     

  • Arseenvergiftiging kan tot erge bloederige diarree lei.
  • Tjienkerientjee vergiftiging kan ‘n bloederige diarree veroorsaak.
  • Kasterolieboomvergiftiging veroorsaak ook ‘n bloederige diarree.
  • Witstinkklawerhooi (Melilotus spp.) wat 50% vog bevat en in ‘n swak toestand is, kan ‘n bloederige diarree veroorsaak. Die toestand is nog nie in die RSA gevind nie.

    Opsomming

    Daar is baie oorsake wat bloeding veroorsaak en dit is dus baie belangrik dat ‘n korrekte diagnose gemaak moet word. U veearts is die enigste persoon wat u hiermee kan help en wat daarna die korrekte behandeling kan voorskryf. Mismonsters word geneem en ondersoek om parasiete wat mag voorkom, te identifiseer. Uit die mis kan ook kwekings vir bakterieë gedoen word. Bloedmonsters word geneem en na ‘n laboratorium gestuur vir ontleding.

    Indien ‘n dier vrek, moet ‘n volledige nadoodse ondersoek gedoen word en monsters van al die organe geneem word om die oorsaak van die toestand vas te stel. Lees ook antwoord 2338067 Maak die korrekte diagnose!

     

  • Geskryf deur: Dr. Faffa Malan

    4 Desember 2008


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X