Vra vir Faffa

Bestry knaagdiere veilig

Vraag

Antwoord

Promosie-artikel:
Bestry knaagdiere veilig

Een knaagdierdoder-vervaardiger het ‘n produk ontwikkel wat die risiko verbonde aan sekondêre vergiftiging aansienlik verminder.

Knaagdierdoders is dikwels die rede waarom grondeienaars wat diere, uile en ander roofdiere versorg op die lewelose lyke van die diere afkom. Dit is ‘n groot frustasie, maar een knaagdierdoder-vervaardiger het ‘n produk ontwikkel wat die risiko verbonde aan sekondêre vergiftiging aansienlik verminder.

Dr. Gerhard Verdoorn van Griffon Gifinligtingsentrum beveel die gebruik van Racumin® aan. In sy opinie is Racumin® die meer betroubare opsie aangesien die kanse dat dit tot die dood van aviaire of soogdierroofdiere sal lei – wat besmette karkasse of muise ge?et het – kleiner is as met ander knaagdierdoders.

Die rede hiervoor, verduidelik Verdoorn, is dat die aktiewe bestanddeel, coumatetralyl, ‘n lae toksisiteit vir vo?ls in hou en tweedens word die plaagdoder vinning in nie-giftige komponente binne die knaagdier se derms omgeskakel. Die kanse vir sekondêre vergiftiging van aviaire roofdiere en -aasvreters is uiters onwaarskynlik en vir soogdierroofdiere en -aasvreters hoogs onwaarskynlik.

Multi-voer knaagdierdoder
Racumin® staan bekend as ‘n multi-voer knaagdierdoder, wat beteken dat die knaagdier klein hoeveelhede oor ‘n langer tydperk moet inneem voordat dit sterf, die effektiwiteit hiervan verminder die kanse dat ongeteikende diere in die proses sterf.

Die nodige veiligheidsmaatre?ls moet steeds tydens die aanwending van die knaagdierdoder inaggeneem word aangesien die primêre vergiftiging van ongeteikende diere, veral soogdiere, steeds ‘n moontlikheid bly. Om hierdie rede beveel Verdoorn aan die plaagdoder in ‘n gese?lde houer geplaas word, buite bereik van kinders, troeteldiere en vo?ls. Die middel is in verskeie vorme beskikbaar naamlik vir rotte, as lokaasblokke vir muise of as ‘n smeer. Indien jy honde besit, word die gebruik van lokaasblokke aanbeveel.

Verdoorn beklemtoon die belangrikheid om rot- en muispopulasies onder beheer te hou aangesien hulle jaarliks miljarde rande se skade aan eiendom aanrig, maar sê dat dit prioriteit bly om dit op ‘n verantwoordelike wyse te doen. “Om tuisgemaakte knaagdierdoders van plaagdoders soos aldicarb te maak is onwettig en kan ‘n stewige boete tot gevolg hê, selfs tronkstraf”, waarsku Verdoorn.

Knaagdierjagters
Uile, slange, muishonde en meerkatte is almal knaagdierjagters en help om die probleem te reguleer daarom is dit van uiterste belang dat ons hulle teen knaagdierdoders beskerm.

Verdoorn sê verder dat troeteldiereienaars nie hond- of katkos in plekke sal los waar dit knaagdiere se aandag sal lok nie.

Racumin® is deur Bayer Omgewingswetenskap ontwikkel en word deur Coopers Omgewingsdienste versprei. Vir meer inligting hieroor besoek www.bayeres.co.za.

28 Oktober 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X