Vra vir Faffa

Beste tyd om beeste te bemark

Vraag

Wanneer is die beste tyd om ons beeste te verkoop? Wat is die beste manier om hulle te verkoop (bv.veiling, ens)? Waar kan ons uitvind teen watter prys hulle behoort te verkoop?

Antwoord

U verskaf werklik baie min inligting om ‘n vraag van die aard te beantwoord. In die RSA word nagenoeg 60 tot 70% van die beesvleis uit voerkrale voorsien.

Die beste tyd om beeste te bemark gaan deur ‘n verskeidenheid van faktore bepaal word waaronder die tipe dier (speenkalf, verse, koeie, ens) seker die belangrikste is. Meeste speenkalwers word gewoonlik in die periode Maart tot Mei aan voerkraalkopers verkoop omdat dit saamval met die normale speentyd van ‘n lentekalfseisoen. Pryse kan in hierdie periode laer wees as daar ‘n ooraanbod van kalwers is. Hierdie kalwers kan teruggehou word en as sogenaamde “long weaners” aan die einde van die winter verkoop word wanneer die aanbod laer is en pryse hoër kan neig.

Die beste manier om te verkoop sal weereens afhang van die tipe diere. Speenkalwers word gewoonlik uit die hand (meestal sommer op die plaas) aan voerkrale verkoop. Prys is gewoonlik per kg lewende gewig en daar kan met die verskillende voerkraalverteenwoordigers vir die beste prys beding word. Speenkalwers kan ook op die gewone maandveilings op die verskillende dorpe aangebied en verkoop word. Ou koeie en uitskotdiere word normaalweg ook op sulke veilings verkoop.

Indien u self diere afrond, kan u hulle by slagplase laat slag en die karkasse dan verkoop. Aanteeldiere (meestal verse) kan uit die hand of op veilings verkoop word. Daar is ook reeds afslaersmaatskappye wat internetveilings aanbied. Soms soek die lokale slaghuis op dorpies ook beeste.

Pryse word op ‘n weeklikse basis op die webblad van Landbouweekblad aangebied. U kan ook van die bemarkingsagente in u gebied nader vir pryse.

Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)

22 Januarie 2010

 

 


Kommentaar

Een kommentaar op “Beste tyd om beeste te bemark

  1. hennie vandeventer
    hennie vandeventer

    ek wil 6 melkbeeste verkoop(melkproduksie baie hoog), vir verdere inligting skakel my asb. My selfoon nommer: 0799325408


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X