Vra vir Faffa

Berging van ruvoer

Vraag

Vir hoe lank kan die volgende voer wat gebaal is in ronde bale, onder dak, in 'n toegeboude stoor geberg word voordat dit hul voedingswaarde verloor? (1) Mieliereste (2) Smutsvingergras (3) Tef (4) Lusern en (5) Eragrostis. Dankie.

Antwoord

Antwoord: 1

As hooi nie te nat gebaal word nie, of as dit nie nat re?n nie, of deur knaagdiere of miere gevreet word nie, het ek al hooi gesien wat 7 jaar gebaal was en steeds hul voedingswaarde behou het.. Daar is nie werklik verskil in die voedingswaarde van grasse en dié wat geberg word nie. Lusern mag egter as dit te lank geberg word, te droog word en dan hul blare verloor, wat die hoogste voedingswaarde het.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
Antwoord: 2
as gevolg van lignien wat afbreek en hooi wat smaakliker word. Om hierdie vraag te beantwoord is dit nodig om kortliks te kyk na die effek van die metode van stoor op droëmateriaal verlies van hooi. Navorsingswerk gedoen deur Huhnke (2003) in die VSA word opgesom in die volgende Tabel.
Tabel. Effek van metode van stoor op die % DM verliese van ronde bale.
Metode van stoor             % DM verlies       % DM verlies
Tydperk gestoor
0 – 9 mnde
12 – 18 mnde
Buite : Bedek
5 – 10
10 – 15
Buite : Oop
5 – 20
20 – 35 +
Buite opgelig : Bedek
2 – 4
5 – 10
Buite opgelig : Oop
3 – 15
12 – 35
Toegeboude skuur
<2
2 – 5
Oop skuur
2 – 5
3 – 10
Navorsers van Oklahoma State University het bevind dat hooi wat binne in ‘n skuur gestoor word 92% van sy oorspronklike gewig behou, hooi wat buite bo-op iets gestoor word behou 85% van sy oorspronklike gewig terwyl hooi wat buite op die grond gestoor word 76% van sy oorspronklike gewig behou. Staples en medewerkers het in 1951 al gevind dat hooi wat buite gestoor is (“stacks”) na 3 jaar baie min van sy voedingswaarde verloor.
Uit hierdie gegewens blyk dit dat hooi wat in ‘n skuur gestoor word, baie min van sy oorspronklike dro?materiaal-inhoud verloor. Daar behoort werklik nie veel verskil te wees tussen die vyf bogenoemde gewasse nie. Die digtheid van die bale behoort na ‘n tydperk egter ‘n rol te speel en die wat minder dig gebaal is bv. mieliereste behoort meer voedingswaarde te verloor as gevolg van meer blootstelling aan lug en lig.
Persoonlik weet ek van Eragrostis ronde bale wat buite gestoor is vir meer as 5 jaar en ten spyte van DM verliese nog baie smaaklik is. In die gevalle van swak kwaliteit hooi is diere geneig om die ouer hooi (ouer as 2 jaar) eerste te vreet – heelwaarskynlik as gevolg van lignien wat afbreek en hooi wat smaakliker word.
Verwysings
Staples, et al. 1951. J.Anim. Sci. 1951 10 : 447 – 454
Huhnke,1983 . Round bale hay storage. Oklahoma State Coop Ext Serv F 1716
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)

12 November 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X