Vra vir Faffa

Berekening van wins in die opsnytoets

Vraag

Wat is die bloktoets? Hoe bereken ek die wins op die agterkwart/faktor in die bloktoets as ek net ’n voorkwart of net ‘n agterkwart aankoop?

Antwoord

            Wat is ‘n Bloktoets? 

‘n Bloktoets is ‘n oeroue benaming wat as anglisisme afgelei was van die Engelse benaming in die verband nl. Blocktest. Die benaming bloktoets is egter in die laat tagtiger jare vervang met die woord ‘OPSNYTOETS’
 
Wat is ‘n Opsnytoets en wat behels dit ?
 
‘n Opsnytoets behels die volgende – Dit is die aankoop van ‘n voorkwart, agterkwart, vark of skaap / lam teen ‘n aankoopprys of sogenaamde kosprys.
 
Die voor- / agterkwart wat inkom by die slaghuis, moet geweeg word. Dit is die aankoopmassa. Net voor die opsnytoets gedoen word, word die voor- / agterkwart weer geweeg. Hierdie massa word vir die opsnytoets gebruik. Vir die opsnytoets word die aankoopprys benodig. Dit is die vleis per kg aangekoop x met die aankoopmassa, bv. R30.00/kg x 60kg (aankoopmassa)              = R1 800.00.
 
Ten einde ‘n wins op die aankoopprys te maak, moet die betrokke (in hierdie geval maak ons gebruik van die voor- / agterkwart) voor- / agterkwart primêr versnit word in die alombekende primêre snitte. Al die name van die betrokke snitte moet op ‘n opsnyvorm wat opgetrek moet word, onder mekaar geskryf word. Elke snit moet geweeg word en langs die betrokke snitnaam in ‘n kolom aangedui word. Alle afrandsels asook kaal bene moet ook geweeg word.
 
Dit is belangrik om te onderskei tussen die persentasie wins wat gemaak wil word (opmerk) en die persentasie wins wat wel gemaak word (bruto wins omset).
 
‘n Mens sê bv. dat jy 30% wins (opmerk) wil maak, en werk dan die verkoopprys soos volg uit :-
Aankoopprys x 30% = Wins
Bv. R1 800.00 x 30/100 = R540.00
 
Aankoopprys + Wins = Verkoopprys
Bv. R1 800.00 + R540.00 = R2 340.00
 
Die volgende berekening word gedoen om te toets of 30% wins wel gemaak word :
Verkoopprys – Aankoopprys = Wins
Bv. R2 340.00 – R1 800.00 = R540.00
 
Die persentasie wins op omset =
Wins ÷ Verkoopprys, nl.
R540.00 ÷ R2 340.00 = 23%
 
Met dié toets kan gesien word dat die wins omset slegs 23% is en nie 30% soos aanvanklik gemeen is nie.
 
Geskryf deur: Rudi van der Westhuizen, Uitvoerende direkteur, SAMIC (rudivdw@samic.co.za)
 
21 Januarie 2011
 

Kommentaar

Kommentaar (5) “Berekening van wins in die opsnytoets

  1. jw durr
    jw durr

    Hoekom is die bloktoets berekeninge van die landbouweekblad , weggevat ?

  2. Janbez

    John,
    Die bloktoetse is nou weer beskikbaar:
    https://hulp.landbou.com/bedrywe/diere/bloktoetse-vir-beeste-skape-en-varke
    Groete
    Jan Bez

  3. Wynand du Plessis
    Wynand du Plessis

    Dit is ‘n baie algemene fout wat mense maak om die “opmerk” persentasie te bereken deur die Aankoopprys “plus” die sogenaamde wins % soos in die voorbeeld hierbo te bereken! maw. 30% wins is R1800 x 30/100 = R540.00.
    Die korekte metode is egter soos volg R1800/(100-30) x 100 =R2571.43 – R1800 = R771.43 werklike wins. Die Verkoopprys behoort dus R2571.43 te wees ten einde 30% wins te maak.
    Om dit makliker te verduidelik: Indien die wins wat jy wil maak 30% is moet jy:
    1) 100 neem en 30 aftrek = 70
    2) Neem die Aankoopprys en deel dit deur punt
    sewe (0.7) dws. R1800/0.7 = R2571.43
    3) Trek dan jou aankoop prys af (R2571.43 –
    R1800.00 = R771.43 (wins gedeelte)
    As toets is jou persentasie wins op omset dus:
    Wins ÷ Verkoopprys x 100,nl
    R771.43 ÷ R2571.43 x 100 = 30%

  4. Andre Kotze
    Andre Kotze

    Goeie dag, ek werk vir n vleis company en ons sukkel met marges en wins. Ek is opsoek na n spreadsheet wat die % per snit van n karkas het met die wins berekening sodat ons die regte verkoops pryse kan bereken in ons slaghuis.
    Hoop jy kan my help.
    Groete
    Andre


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X