Vra vir Faffa

Berekening van karkas se waarde

Vraag

Hoe word die waarde van ‘n karkas bereken?

Antwoord

Om die waarde van ‘n karkas te bereken,  moet  bereken word wat die karkastoename is in die tyd wat die dier gevoer is.  Dit is nie die gewone GDT (gemiddelde daaglikse toename) nie, maar karkastoename oor tyd gevoer.  

 

Die formule is soos volg:

 

Karkasmassa by slag 

minus karkasmassa by aankoop

Die antwoord hierop vermenigvuldig met die slagprys,  gee die waarde van die karkas.

 

Bereken die karkasmassa by  aankoop deur  min of meer te bepaal wat die uitslagpersentasie is op die stadium wat die dier by die voerkraal aanland.

 

Die karkasmassa by slagting is die karkasgewig  vermenigvuldig met die uitslagpersentasie.

 

Geskryf deur: dr. Eben du Preez, Voerkraalkonsultant (edupreez1@telkomsa.net)

 

4 April 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X