Vra vir Faffa

Bereken netto wins by speenkalwers

Vraag

Ek wil asseblief vastel wat is die netto wins per kommersiele koei in 'n speenkalf-produksiestelsel, of liewer wat is 'n ekonomiese eenheid kommersiele teelkoeie as ons aanvaar daar is geen skuld op grond of vee nie en dat die plaas beskik van kikuyu weiding en soetveld weiveld?

Antwoord

‘n Speenkalfstelsel, waar jou koeie ‘n kalfpersentasie van 85% handhaaf en jy R3750 per speenkalf kan kry, sal jou ‘n netto wins van ongeveer R900/koei gee. (Gaan kyk by www.computus.co.za vir my vertakkingsgids waar jy kan sien hoe ek dit bepaal.)

Jy moet dan vasstel wat jou leefkoste gaan wees om te bereken hoeveel koeie is ‘n ekonomiese eenheid. As jy bv R180,000.00 per jaar benodig om van te leef sal jy 200 koeie (R180,000.00/R900)moet aanhou om daardie leefkoste te kan finansier.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, philip@computus.co.za


Kommentaar

Een kommentaar op “Bereken netto wins by speenkalwers

  1. mkruger
    mkruger

    Die vraag kan egter twee antwoorde he.
    Eerstens hoeveel beeste moet ek aanhou om te kan oorleef.
    Die antwoord hierop is eenvoudig soos hierbo aangedui.
    Daar is net so paar aspekte wat jy ook hier moet byreken.
    Jy benodig brandstof om die voer van die dorp aan te ry en dan na die voerpunte toe.
    Jy benodig krag/brandstof vir die pomp van drinkwater.
    Brandstof uitgawes kan vinnig hande uitruk as jy dit nie reg bestuur nie.
    Jy moet voorsiening maak vir die vervanging van so 10% tot 15% van jou ou koeie elke jaar.
    Verkieslik met dragtige koeie wat jou meer gaan kos as wat jy gaan kry vir die ou uitskotkoeie.
    Grootmaak van eie verse vir vervanging kos geld en benodig veld.
    So rowwe berekening sal jou wys dat jy eintlik heelwat meer as 200 koeie benodig om R180 000 te in.

    Tweedens kan die vraer eintlik uit ‘n winsoogpunt na die situasie kyk.
    Dan moet mens onthou dat jy huur van weidings ook hier in berekening moet bring.
    Ja die plaas behoort aan jou en grondpryse styg tans skerp maar jy moet nogsteeds die berekening gaan maak en die rente wat jy in die bank sou verdien opweeg teen die kapitale groei van die plaas en die huurprys van weidings wat tans tot so hoog as R750 per ha kan wees daar in die NO Vrystaat.
    Neem nou ingedagte die wins van R900 soos hierbo bespreek en trek ‘n weidingshuurbedrag van R3000 daarvan af(4ha per gve) dan maak jy ‘n mooi verlies van R2100. Die res van die somme kan jy sommer self maak om tot ‘n slotsom te kom.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X