Vra vir Faffa

Bemarking van bok- en wildsvleis

Vraag

Ek wil graag weet waarom ek inheemse bokke op plase sien, maar net skaap-en beesvleis in die winkels op die rak te koop kry. Waar word die bokke se vleis dan verkoop? In Botswana, soos in Ghanzi weet ek mens kan bokvleis koop, maar ek sien dit nêrens in Suid-Afrika of Namibië nie.

Antwoord

“Wildsbokvleis en/of gedomestikeerde bokvleis is wel beskikbaar in SA, maar soos met baie ander verbruikersartikels wat te koop aangebied word, is dit meestal ‘n “vraag en aanbod” kwessie.

Bokvleis word meerendeels in plaaslike slaghuise verkoop: in areas waar wild gejag word vir kommersiële of ander gebruik, bv. in die Limpopo-provinsie, of in areas waar daar ‘n spesifieke groepsvoorkeur vir hierdie tipe vleis bestaan, bv. gedomestikeerde bokvleis in sekere dele van die Oos-Kaap en KZN.

Groter supermark kettingwinkel groepe is gewoonlik traag om hierdie tipe produkte aan te hou, aangesien die volume deurset, m.a.w. hul verbruikersaanvraag, nie die “rakspasie” sal regverdig nie. Meeste kettingwinkels sal egter ‘n kleiner hoeveelheid wilds- en volstruisvleis beskikbaar stel op hul rakke, maar wees maar bedag daarop dat op hierdie stadium, ‘n mens dit waarskynlik in ‘n kleiner spasie aan die einde van die rak sal vind. Soortgelyk sal gedomestikeerde bokvleis waarskynlik slegs in kettingwinkels, geleë in bg. areas, beskikbaar wees.”

Geskryf deur: dr. Hein Nel, Agency for Food Safety (hnel@mosstrich.co.za), www.agencyforfoodsafety.co.za

5 Desember 2014

Lees ook:

http://www.samic.co.za/downloads/Rooivleis.pdf

http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2001/09/28/14/1.html


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X