Vra vir Faffa

Belangrikheid van miskruiers in volhoubare parasietbeheer

Vraag

Watter rol speel miskruiers in volhoubare parasietbeheer?

Antwoord

Waarom is miskruiers belangrik?

Die vermo? van miskruiers om mis ondergrond te begrawe is een van hul belangrikste eienskappe. Dit lei tot:
·         Beter grondvrugbaarheid
·         Beter belugting van grond
·         Beter dreinering van grond
·         Voorkom en verminder habitatte waarin vlie? en parasiete kan uitbroei
Waarom moet die gebruik van toksiese anti-parasitiese middels beperk word?
Residue in die mis van vee wat met hierdie middels behandel is, kan toksies wees vir miskruiers.
Wat is die finansi?le implikasies?
Miskoeke wat nie afgebreek word nie, dra by tot verlaagde weiveldkwaliteit en ekonomiese verliese (in die VSA $120 miljoen jaarliks). Die gevolg is dat parasiet-populasies ontplof, wat lei tot ho?r parasiet-infestasies in vee en die oordrag van siektes na mense.
Miskruierfeite
·         Miskruiers word in 3 groepe verdeel nl. tonnellaars, bewoners en rollers.
·         Miskruiers wissel in grootte van 1mm tot 70mm!
·         Daar is ±650 verskillende miskruierspesies in Suid-Afrika
·         Hulle kom voor in ‘n wye verskeidenheid van kleure wat wissel van dofswart tot metaalgroen en –rooi.
Die mikpunt van die Miskruiernavorsingsgroep is om wetenskaplike navorsing op ‘n bruikbare manier voor te stel, sodat u, die boer, sinvolle besluite kan neem ten opsigte van parasietbeheer.
Wat is die probleem?
Daar is toenemende weerstandbiedendheid onder bosluise en rondewurms teenoor anti-parasitiese middels. Dit het tot gevolg dat sterker en langerdurende, maar terselfdertyd duurder anti-parasitiese middels gebruik moet word wat nadelige nagevolge vir die omgewing inhou.
Hoe kan u help?
Gebruik MISKRUIERVERSOENBARE dipstowwe en insekdoders.
Wees op die uitkyk vir ons handelsmerk met die 3-ster graderingsisteem wat binnekort op sekere produkte sal verskyn.
Kontak ons intussentyd vir raad oor die beste produkte om te gebruik.
Waarom moet ons optree?
Lesse uit Australi?
  • Invoer en vestiging van beeste (vandag 30 miljoen)
  • Slegs enkele Australiese miskruiers is aangepas om beesmis effektief te verwerk
  • Die gevolg was dat beesmis nie behoorlik afgebreek of begrawe is nie
Dit het aanleiding gegee tot verskeie probleme:
·         Toename in vlieg-, bytmuggie- en nematoodgetalle
·         Verlaagde weiveldkwaliteit
In 1970 is miskruiers van Suid-Afrika na Australi? uitgevoer
Australi? VANDAG:
  • Drastiese afname in vlieg-, bytmuggie – en nematoodgetalle
  • Beter weiveldkwaliteit
  • Gesonder vee
‘n Suid-Afrikaanse voorbeeld
1 bees produseer ±12 miskoeke (3kg elk) per dag = 36kg mis per dag
14 miljoen beeste = 504 000 ton mis per dag!
As ons nie gou iets doen nie, sit ons binnekort kniediep in die “dinges”!
Kontakbesonderhede
Prof. Clarke H. Scholtz
Me. Carmen Jacobs
Mnr. Werner Strümpher
Miskruiernavorsingsgroep
Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002
Tel: +27 12 420 3754
Dr. Gerhard Verdoorn kan ook gekontak word by: 082 446 8946
Besoek die webwerf: www.dungbeetlesforafrica.org
Inligting verskaf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)
3 April 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X