Vra vir Faffa

Belangrik om beheerde en aangeebare siektes te rapporteer

Vraag

Waarom is dit uiters belangrik om sekere siektes aan jou naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus te rapporteer?

Antwoord

Wat is die redes waarom sekere siektes deur die Staat beheer word?

Sekere siektes vereis staatsbeheer aangesien hierdie siektes individuele diere-eienaars affekteer asook groot risiko’s vir ander boere, verbruikers en/of diereprodukte veroorsaak. Sommige siektes mag selfs, deur hulle negatiewe impak op die handel, die hele landbousektor beїnvloed.

Die volgende kriteria word voorgstel om beheerde siektes te definieer, onderhewig daaraan dat die siekte aan ten minste drie van die volgende vyf risikofaktore voldoen.

  • Soönose – die siekte is oordraagbaar van diere na mense en het die vermoë om siekte te veroorsaak.
  • Vinnige verspreiding – die siekte is hoogs oordraagbaar/besmetlik en het die potensiaal om vinnig te versprei, onafhanklik van die beweging van siek diere en plaasgrense.
  • Gesamentlike beheer – die siekte kan meer effektief beheer word deur gesamentlike beheer strategieë as sou die siekte slegs deur die individuele boer(e) beheer word.
  • Bedreiging vir die industrie – die siekte is ‘n bedreiging vir die hele landbousektor.
  • Handel sensitief – die siekte hou ‘n bedreiging vir Suid-Afrika se internasionale handelstatus in.

In die huidige wetgewing is enige siekte wat nie inheems of natuurlik in die RSA voorkom nie, outomaties in die lys van beheerde siektes ingesluit.

Klik op die onderstaande pdf vir die lys van staatsbeheerde en aangeebare siektes volgens die Dieresiektewet – Wet 35 van 1984 en die Dieregesondheidsregulasies R2026 van 1986.

Die roete wat gevolg moet word om siektes te rapporteer, word ook weergegee.

Opgestel deur die Direktoraat Dieregesondheid, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (www.daff.gov.za)

30 November 2017

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X