Vra vir Faffa

Bekostigbare gewasse vir bees en skaap

Vraag

Wat is die bekostigbaarste aanplantings van somer- en wintergewasse met ‘n ho? voedingswaarde vir bees en skaap? Ek het hierdie winter hawer en japanese radyse geplant, maar dit was ’n mislukking. Ek boer tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark.

Antwoord

Ek neem aan die vraag het betrekking op droëland aangeplante weidings. Die risiko van winter aangeplante weidings is hoog omdat dit ‘n somerreënvalgebied is met baie min reën in die winter. In gebiede waar koring suksesvol verbou word soos bv. die Oos-Vrystaat, kan wintergroenvoer ook geplant word, maar in die meer westelike gebiede waar u boer, is die risiko hoog. Wat somer aangeplante weidings betref, is meerjarige grasse soos bv. Smutsvingergras ‘n goeie opsie om te oorweeg. Smutsvingergras is reeds goed bewys en saad is geredelik beskikbaar. Uit ‘n koste oogpunt is dit voordelig omdat daar net ‘n eenmalige vestigingskoste is. Om goeie produksie met ‘n goeie voedingswaarde te verseker, moet Smutsvingergras jaarliks bemes word. Die somer kwaliteit is goed, maar soos met alle somergroeiers, is die voedingwaarde in die winter net genoeg vir onderhoud. Geen somergewas groei in die winter nie, maar Smutsvingergras kan as staandehooi in die winter gebruik word. Vir dié doel, moet die weiding vanaf middel Januarie van beweiding onttrek word om as staande hooi in die winter te gebruik.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)
5 September 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X