Vra vir Faffa

Beheer van watergrasse in plaasdamme

Vraag

Is watergrasse in plaasdamme skadelik en hoe kan ek die grasse beheer?

Antwoord

Watergrasse kan skadelik wees vir ‘n dam deurdat dit deur die proses van respirasie groot hoeveelhede suurstof uit die waterkolom kan verwyder. Watergrasse kan in toom gehou word deur dit met ‘n herbisiet (diquat-basis) te bespuit of deur die plasing van steriele Chinese graskarp (Ctenopharyngodon idella) in die dam. Groot areas van ons land is te koud vir die kurperspesies en hul is nie naastenby so effektief soos die steriele graskarp nie. Permitte van Natuurbewaring is nodig vir die vervoer en plasing van steriele graskarp – diplo?ede spesies word glad nie in ons land toegelaat nie en streng boetes is van toepassing vir oortreders van die wet. Graskarpe kan onder gunstige omstandighede watergras gelykstaande aan hul eie massa per dag verwyder. M.a.w. 100kg vis kan 100kg watergras per dag verwyder!  

 
Die plasing van die optimum hoeveelheid steriele graskarp (triplo?ed) is baie belangrik aangesien te veel vis die hele akwatiese ekosisteem van ‘n dam kan uitroei. Net genoeg vis moet geplaas word sodat die watergras beheer word. In damme waar die akwatiese ekologie nie belangrik is nie (veesuiping) kan alle waterplante deur die vis verwyder word. Te veel vis maak ook die water troebel aangesien hul in die bodem “boor” op soek na kos. Dit kan ook aanleiding gee tot hersuspensie van fosfaat en stikstof wat in die bodem vasgevang was, wat op sy beurt weer aanleiding tot algopbloeie kan gee. Kundige advies word aanbeveel vir beide die (1) herbisidiese behandeling van watergras asook die gebruik van die (2) biologiese beheeragent. Vir meer inligting kontak die skrywer.
 
Geskryf deur: Kobus du Plessis (duplessisk@envirokonsult.co.za), Direkteur Envirokonsult (www.envirokonsult.co.za
29 Julie 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Beheer van watergrasse in plaasdamme

  1. Melinda Venter
    Melinda Venter

    Hallo. Ons het palmiet in ons gronddamme en klein truksvye op baie plekke op die plaas

    Kan jy ons asb help.

    Ons is in die Thabazimbi / sentrum area teen Matlabasrivier

    Dankie

    Melinda
    0832681957


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X