Vra vir Faffa

Beheer van Lantana

Vraag

Hoe kan Lantana beheer word?

Antwoord

Lantana kan beheer word deur van meganiese en chemiese metodes gebruik te maak.   Blote uitkap sonder die integrering van chemiese onkruiddoders is egter bloot `n mors van tyd en geen langdurige effek word verkry nie.   Uitkapaksies bv. “slashing” en waar stamme afgekap of afgesaag word “cut stumps” word gekombineer met die toediening van `n geregistreerde bosdoder wat die gewenste resultaat sal gee. Verskeie produkte kan gebruik word. Die produkte wat hier bespreek word, is egter produkte wat in die meeste omstandighede goeie resultate lewer.

Drie metodes van chemiese beheer is hier ter sprake nl:
1      Afgekapte stomp metode (Cut stump treatment) – waar die stamme afgesaag word en dan sou gou moontlik met bosdoder met `n rugsakspuit toegerus met `n “TG 1 solid cone nozzle” bespuit word. LW dat die stamme so laag as moontlik horisontaal met die grond afgesaag en dan tot die punt van afloop benat word.    Die mengsels wat gebruik kan word, is die volgende:
150 ml Plenum 160 ME + 50 ml Actipron en 25 ml Blue Dye (kleurmerker) per 10 L water, of
100 ml Access/Browser 240 SL + 50 ml Actipron/Crop oil en 25 ml Blue Dye (kleurmerker) per 10 L water
2    Loof/blaarbespuiting  – waar die bosdoder met `n rugsakspuit toegerus met `n “TG 1 solid cone nozzle” as `n volle dekbespuiting tot die punt van afloop op aktief groeiende blare van die plant toegedien word.   In die geval kan groter bosse ook eers gekap word “slashing” waarna die bosdoder dan as `n blaarbespuiting op die hergroei toegedien word.   Die mengsels wat gebruik kan word, is die volgende:
150 ml Plenum 160 ME + 50 ml Actipron en 25 ml   Blue Dye (kleurmerker) per 10 L water, of
220 ml Mamba Max/Kilo WSG + 50 ml Actipron/Crop oil en 25 ml? Blue Dye (kleurmerker) per 10 L water.
Geskryf deur: Chris Richter, Weidingekoloog / Probleemplantspesialis
Terracure Weidingskonsultante (terracare@mjvn.co.za)
27 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X