Vra vir Faffa

Beeste vrek van Lantana

Vraag

Ek boer op Badplaas en het 'n probleem met Lantana. Dit is so baie en dit is onmoontlik om alles uit tehaal. As die beeste dit vreet, vrek hulle. Ek soek ook hulp met die dosering vir die beeste. Hier is baie watergate en spruite op die plaas. Ek soek raad oor wat om die bees wat in die water geval het te spuit sodat hy weer kan opstaan, want myne vrek. Baie dankie vir die rubriek. - Johann van Jaarsveld (johannvan@promattron.com)

Antwoord

Vraag:
Ek boer op Badplaas en het ‘n probleem met Lantana. Dit is so baie en dit is onmoontlik om alles uit tehaal. As die beeste dit vreet, vrek hulle. Ek soek ook hulp met die dosering vir die beeste. Hier is baie watergate en spruite op die plaas. Ek soek raad oor wat om die bees wat in die water geval het te spuit sodat hy weer kan opstaan, want myne vrek. Baie dankie vir die rubriek. – Johann van Jaarsveld (johannvan@promattron.com)

Antwoord:
Johann, ek het ongelukkig nie goeie nuus vir jou oor die Lantanaprobleem nie. Lantana is ‘n uitheemse indringer wat giftig is vir beeste. As beeste baie van die plant vreet, word hul lewers en niere aangetas. Die lewerskade veroorsaak ook dat die diere liggevoelig raak. Dit wil sê hulle ontwikkel sonbrand. Teen die tyd dat ons sien dat die diere is siek, is die skade gewoonlik reeds te ver gevorder. Al behandeling wat kan help, is om die diere medisinale geaktiverde houtskool in te gee. Die swart poeier kan jy by ‘n apteek of veeartsenywinkel koop. Gee 2 gram poeier vir elke kilogram liggaamsgewig. ‘n Groot bees moet dus omtrent ‘n kilogram van die poeier inkry.

Ek sal egter voorstel dat jy ‘n aktiewe poging moet aanwend om die Lantana uit te roei. Kontak die Departement van Landbou en hoor wat is die beste plantgif wat jy kan gebruik om die plant mee te bestry.

Daar is ongelukkig geen wondermiddel wat ons ‘n bees kan inspuit sodat hy weer kan opstaan nie. Span die plekke toe en laat jou beeste uit krippe drink.

6 September 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X