Vra vir Faffa

Beeste se ore vrot

Vraag

Ek het 'n paar Bonsmarabeeste 70 km noord van Pretoria. Ek huur grond vir die boerdery en kom slegs een maal per week by my diere uit. Twee van die beeste se ore het begin vrot so 'n maand gelede. Ek wissel my dip af, maar op die oomblik gebruik ek Bayticol om die bosluise te probeer bekamp. Hulle het erg skade op hulle ore begin kry al het ons weekliks gedip. Die gevolg is dat hulle ore onophoudelik begin bloei het. Ek het 'n mengsel van jodium en kruline daagliks begin opspuit in en op die ore. Dit het begin werk om die ore op te droog vir genesing, maar die lasate week is dit erger en een van die ore het al afgevrot. Ek vermoed die baie re?n kniehalter die behandeling. Wat kan ek doen om dit te bekamp en te voorkom in toekomstige nat weerstoestande?

Antwoord

Somermaande in die bosveld en warm kusstroke is bruinoorbosluistyd. Volwasse bosluise suig in die ore vas en die volgesuigde wyfies lyk soos druiwetrosse. Die wyfies suig binne 4 tot 5 dae vol en val af. Ore bloei, spykerwurmvlie? lê hulle eiers en hul maaiers vreet die ore op. Dikwels raak die ore ontsteek en ‘n mens kan van ver af die vrot reuk optel wat nog net meer vlie? lok. Die bosluise kan selfs beeste vergigtig. Dit word bosluistoksikose genoem. Vir meer inligting klik op Bruinoorbosluise.

Volwasse bruinoorbosluise in oor van bees: wyfies is volgesuig terwyl daar nog duisende mannetjies en plat wyfies teenwoordig is.

Erge nagevolge van ‘n bruinoorbosluisbesmetting.

Behandeling: Om bosluise dadelik te laat afval, gebruik ‘n middel wat amitras bevat. Wend die middel in en om die ore aan. Om vliegaanvalle te voorkom, is dit goed om ‘n sintetiese piretro?edbevattende middel saam met amitras te gebruik bv. ‘n middel wat deltametrien of sipermetrien bevat.
As opgietmiddels gebruik word, moet ‘n gedeelte van die middel naby die ore aangewend word.
As ‘n spuitdip gebruik word vir bosluisbeheer, moet die ore nogtans goed nagegaan word om seker te maak dat dit binne-in die oor benat is.
Waar ore reeds ontsteek is, moet die ore deeglik met ‘n ontsmettingsmiddel uitgewas word. Lang hare moet ook kortgeknip word met ‘n skêr. Spuit die ore met amitas en behandel die ore dan met ‘n wondsprei wat ‘n vliegafweermiddel en bosluisdoder, sowel as geneesmiddel bevat bv. Coopers Expel (G3245), Difly Wound Spray (G2155), Supona Aerosol (G411), Wound Aerosol NF (G995), Wound Sept Plus (G1521).
Waar nodig moet die diere ook met ‘n antibiotikum behandel word. Bespreek die behandeling met u veearts.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
31 Januarie 2011
Lees ook:
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X