Vra vir Faffa

Bees hoes bloed

Vraag

'n Jong vers wat in die veld loop, het begin kruppel loop en nadat sy op kraal geplaas is, is opgemerk dat sy begin bloed hoes wanneer sy angstig raak. Wat kan dit wees? Dr. Faffa Malan antwoord.

Antwoord

Vraag:
Dr. Faffa, ‘n 18 maande oue verskalf wat in die veld loop, het begin kruppel loop en nadat hy op kraal gehou is, het ons opgemerk dat sy begin bloed hoes wanneer sy angstig raak. Wat kan dit wees en is dit aansteeklik? Die veearts het "nuflor" voorgeskryf. Kan u help? – Eldrick Jordaan (jorrieinshort@yahoo.co.uk)

Antwoord:
Die eerste oorsaak waaraan ‘n mens dink, is ‘n long-abses wat bloedvate in die longe laat bloei. Die bloed beland dan in die lugweë en word dan weer opgehoes. ‘n Baie bekende kiem is Arcanobacterium (corynebacterium) pyogenes wat oral voorkom en longabsesse kan veroorsaak, maar daar is ook ander kieme wat longabsesse kan veroorsaak. Kyk of daar gewrigte is wat geswel is wat dalk die oorsaak is dat die bees kruppel loop en wat ‘n aanduiding kan wees dat die kieme dalk wydverspreid in die liggaam voorkom.

‘n Mens is altyd bang vir tering (tuberkulose) wat ook longabsesse veroorsaak en bloed kan dan uitgehoes word.

Die oorsaak van longabsesse kan ook ‘n draad wees wat deur die ruitjiespens steek en kieme in die longe laat versprei.

Die bees mag dalk ook ‘n besering in die mondholte opgedoen het deur ‘n draad of been te kou wat ‘n besering kon veroorsaak het.

Afhangende van die kiem wat betrokke is, kan die uitloopsel aansteeklik vir ander diere wees. Sonder dus die bees af.

U veearts het ‘n goeie keuse van antibiotika gemaak om die bees mee te behandel. Ek wil u egter waarsku dat daar dalk baie absesse in die longe en liggaam teenwoordig mag wees en dan is die prognose baie sleg.

 

  • Geskryf deur dr. Faffa Malan, Intervet

    12 April 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X