Vra vir Faffa

Beantwoording van vrae op hulp.landbou.com

Vraag

Waar kan ek die verskillende skaapvleissnitte met prentjies te siene kry en/of aflaai? Ek het die beeste s’n per toeval op julle webwerf gekry, maar net omdat iemand blykbaar ook spesifiek daarvoor gevra het. Hoop ek kan gehelp word. GROETNIS.

Antwoord

Daar is verskeie maniere waarop inligting op Landbou.com verkry kan word op hulp.landbou.com

·         In die soekwoorde blokkie bo-aan die bladsy,  tik sleutelwoorde tussen aanhalingstekens in.  Indien die presiese opskrif bekend is, tik die opskrif of gedeelte van die opskrif netso tussen aanhalingstekens in. In bg. geval “Vleissnitte van lamsvleis” of ”Vleissnitte” of  “lamsvleis”.
·         Onder Vra vir Faffa op die Tuisblad van hulp.landbou.com, klik op Indeks na alle antwoorde. Onder Skape en bokke; klik op Bestuur en Finansies; klik op Bestuur; rol af na vleis en klik daarop; klik op Vleissnitte van lamsvleis
·         Wanneer ‘n vraag gestel word op Landbou.com, word gevra dat ‘n e-pos adres en telefoonnommer verskaf word. Indien antwoorde alreeds op die web is, word die vraesteller per e pos ingelig waar om die antwoord te kry. In hierdie spesifieke geval het die persoon geen kontakbesonderhede gegee nie en kon ek hom/haar ongelukkig nie persoonlik antwoord nie.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
13 Januarie 2012

Kommentaar

Kommentaar (2) “Beantwoording van vrae op hulp.landbou.com

  1. morne
    morne

    Goeie middag, ek wil graag weet ek het my skape in gespuit met ivermax sheep drench. Op die bottel staan ons moet die skape pulpy kidney disease, is dit bloed nier wat ons moet spuit want ons het nog nie ons skape met die bloed nier gespuit nie, ek het wel my skape ingespuit met die ivermax en ons verloor ongelooflik baie skapies in die proses, simptome lamheid, klink soos roggel in die longe van hulle eet maar die swakkes eet nie, so nou wil ek by jou hoor is dit asgevolg van die bloed nier wat ek nie gespuit het nie of wat beteken daai pulp kidney disease?

    • Corli van der Merwe
      Corli van der Merwe

      Hallo Morné. Stel asb die vraag onder kundiges, dan kan Dok Faffa dalk help. As alternatief, lees deur bestaande vrae wat dalk raad sal hê. GRoete, Corli


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X