Vra vir Faffa

Basiswaardes vir suksesvolle melkproduksie

Vraag

Ek beoog om binnekort met 'n melkery op my plaas te begin. Ek besef dat my vraag afhang van verskeie faktore, maar wil graag weet wat 'n hedendaagse aanvaarbare stalgemiddeld is vir 'n Friesmelkkudde. Die diere is nie stoetgehalte nie.

Antwoord

Voor jy eens dink aan begin boer, moet jy die basiese teoretiese kennis van melkboerdery en boerderybesigheid onder die knie hê. Dis sluit in aspekte soos teling, dieregesondheidsorg, kalfgrootmaak, voer en byvoeding, personeelbestuur, kuddebestuur, melkstalbestuur ens. Ten minste twee jaar se praktiese ondervinding is ook onontbeerlik. Dit maak egter nie saak of jy ’n ervare boer of ’n onervare boer is nie. Dit bly belangrik om ’n goeie verhouding met raadgewers soos jou veearts, voerkonsultant, genetikakonsultant, ens te hê. Kom een keer ’n kwartaal met almal byeen om saam aan probleemoplossings te werk wat by elkeen se afdeling inskakel.

Vir die volledige artikel klik op onderstaande pdf.
Geskryf deur: Jas Wasserman, Instituut vir Suiwelkunde (jas@mpo.co.za) en Liza Bohlmann, The Dairy Mail.
8 Junie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X