Vra vir Faffa

Armmanslusern en bloubuffelgras in die Vryburg omgewing

Vraag

Ek het u artikel oor armmanslusern gelees en wou net vra of dit ook suksesvol op ou lande in die Vryburg omgewing (Noordwes Provinsie) geplant kan word. Ek wil graag weiding plant op my plaas (96hektaar) om die drakrag te verbeter. Sou u armmanslusern aanbeveel of iets anders? Elton Panizza

Antwoord

Armmanslusern sal aanpas in u omgewing. Probeer dit op kleiner skaal.

Ek sou bloubuffelsgras ook sterk aanbeveel. U kan dit met gerustheid op ‘n groter oppervlak plant.
Hier volg ‘n kort beskrywing:
 
BLOUBUFFEL (Cenchrus ciliaris)
 
Cultivars: Molopo
                  (blougrys-groen, baie gehard, maar word minder smaaklik as volwasse is)
                Gayndah
                  (liggroen, verkies rotasie beweiding, blaarryk en smaaklik)
 
Reënval behoefte: 450 mm +
 
·         Goeie weiding en hooigewas en behou sy kwaliteit selfs in die winter.
·         Plant vanaf Oktober tot Februarie in koue areas, tot April in warm areas.
·         Droogtebestand – sal in lae reënvalgebiede groei (300 – 400 mm).
·         Lewer hoë produksie onder besproeiing.
·         Bewei of sny wanneer 60-90 cm hoogte bereik. Die gras kan stokkerig word as dit lank uitgroei en nie kort gehou word nie. N- en P-bemesting is noodsaaklik om smaaklikheid te behou (mis werk ook).
·         Alle grondtipes behalwe sandgronde (wit of ligte sand).
 
Saaidigtheid: Onverpil: 4-6 kg/ha
                      Verpil: 5-8 kg/ha.
             Hooi: 4 – 12 t/ha
             Weikapasiteit: 0,8 –  1,6 GVE/ha
 
Vir volledig artikel met foto klik op onderstaande pdf.
 
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
 
4 November 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X