Vra vir Faffa

Armmanslusern -2

Vraag

In sekere dele van Amerika word armmanslusern (Sericea lespedeza) as ’n "noxious weed" beskou. Hou dit enige bedreiging vir boere se natuurlike weiding in? Sal dit die veld oorneem?

Antwoord

Ek is van geen indringing van armmanslusern in Suid-Afrika bewus nie. Inteendeel ek hoor van gereelde mislukkings met die vestiging daarvan. Dit is egter ‘n gewas wat nog nie wyd in Suid-Afrika geplant is nie en ons kennis daarvan op plaaslike vlak is nog beperk.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
11 Mei 2010
 
Ek het vir Hendrik Botha wat in Matatiele boer, gevra om vir ons inligting oor armmanslusern te verskaf aangesien hy al jare met die gewas boer en eksperimenteer.
 
                               SERICEA LESPEDEZA – “ARMMANSLUSERN”
 
Dit is ‘n voorreg om ons inligting aan u te voorsien met die wete dat ons inligting uit eie praktiese ondervinding oor ‘n lang tydperk kom.
 
 
1.    INLEIDING
 
Boere is altyd opsoek na daardie “wondergewas”, wat weiding en hooi op ‘n koste effektiewe en volhoubare basis kan produseer. Ek is opgewonde om aan u mee te deel dat ons kennis gemaak het met ‘n gewas, wat na ons mening, baie naby kom aan daardie “wondergewas”. Hierdie gewas is die oplossing op baie jare se duur hooiproduksie en voervloeiprobleme. Dit kan gebruik word as ‘n lente- en/of herfsweiding vir skape, melk- en vleisbeeste terwyl dit ook goedkoop, goeie kwaliteit hooi kan lewer.   Hierdie gewas het die vermoë om ou en marginale lande weer in produktiewe lande te verander.   Dit kan die drakrag van u plaas dramaties verhoog en voervloeiprobleme verlig.   Dit kan u skaap-, melkbees- en vleisbeesvertakkings op ‘n ekonomies gesonde basis plaas, deur minder grond te bewerk, maar meer kwaliteit weiding en of hooi te produseer, asook drakrag te verhoog.
 
Lespediza is ‘n droogtebestande, nie-opblaas, selfsaaiende, meerjarige peulplant wat met sy diep penwortelstelsel aangepas is by ‘n wye reeks van grondtipes.   
     
 
2.      OORSPRONG
·         Inheems tot Oos-China, Korea en Japan.
·         Teen die 1940’s is “Common” Sericea op grootskaal in die VSA aangeplant deur arm boere wat nie bekalking of fosfaatbemesting kon bekostig nie – vandaar die naam “armmanslusern”.
·         Die eerste kultivar wat deur SA Dept. Landbou vanaf die VSA ingevoer was, was die baie onsmaaklike kultivar “Interstate.”
·         In die laat 1980’s die verbeterde kultivar AU Lotan na SA gebring, wat nou die basis van Sericea aanplantings in SA vorm tot en met 2009 seisoen.
·         Ons eerste aanplantings van 70 ha. is Desember/Januarie 1996 gemaak, na 13 jaar het die plantestand nog verbeter, produksie is goed.
                                                      
3.    EIENSKAPPE
·         Aangepas by ‘n wye verskeidenheid van grondtipes, maar die produktiefste op vrugbare leem- tot kleigronde, in gebiede met ‘n jaarlikse somerreënval van 550 mm en ho?r.
·         Groei beter op gronde met ‘n lae pH en vrugbaarheidstatus as die meeste ander peulplante, veral fosfaatarm gronde.
·         Het ‘n diep wortelstelsel, is droogtebestand, maar kan ook relatief lang periodes van nat toestande hanteer.
·         Tannien veroorsaak die nie-opblaas eienskap, maar verlaag ook die smaaklikheid van die groenweiding.
·         Verdring baie grassoorte. Ontkiem selfs in dekgras en groei regop deur kikoejoe.
·         Weerstandbiedend teen die meeste siektes en insekte wat in die algemeen met peulplantweidings geassosieer word.
·         Saad is hardskalig en het selfsaaivermoë.
·         Bind N, maar word nie deur indringergrasse oorheers nie.
·         Groeipunte bot in die lente vanaf kroon, wat onder die grond geleë is.
·         Na vestiging is geen grondbewerking nodig nie.
 
       4. WEIDING
·         Moet nie in seisoen van vestiging benut word nie. Kan na eerste strawwe ryp afgesny of bewei word om land skoon te kry – wortelstelsel behoort sterk genoeg te wees.
·         Diere aanvanklik traag om te vreet, maar raak gou smaak gewoond.
·         Skape: begin beweiding op hoogte van nie meer as 20-30 cm.
·         Beeste: begin beweiding op hoogte van nie meer as 35 cm nie.
·         Los ± 10 cm stoppelhoogte om vinniger hergroei en langlewendheid te verseker.
·         Herhaalde strawwe beweiding kan stand vernietig, veral met beweiding in die herfs. Laat toe om ten minste 1 maal in 3 jaar saad te maak – blomstadium voor saadproduksie is belangrik vir peulplante.
·         “Selfvestiging” Wanneer plante saad maak, kan daar die volgende groeiseisoen baie klein, nuwe plantjies opkom. Hierdie nuwe plantjies is baie smaaklik vir diere. Indien die nuwe plantjies vir ‘n volle groeiseisoen nie bewei word nie, kan die plantestand drasties vermeerder.
                                                         
5. NAVORSING:
·         Drakrag ± 15 KVE/ha vir somer (Oktober – April) seisoen (700 mm reënval), hoër vir kort periodes van beweiding.
 
·         INTERNE PARASIETBESTUUR – SKAPE
Somer 2005/6 Onder mentorskap van Prof. G. Bath van Pretoria Unisversiteit/Onderstepoort, in samewerking met Dr. Tom Tirrell van Ford Valley Universiteit, Georgia, VSA word navorsing by ons gedoen met skape op Lespediza teenoor natuurlike weiding, wurm eiertellings, kondisie en oogslymvlieskleur evaluasies, asook massa word noukeurig gehou. Die voorlopige aanname vir die eerste seisoen is dat wurmeiertelling by die L. sericea groep binne 21 dae met 65% afgeneem het en die kontrole op (natuurlike grasweiding) groep s’n met 19% toegeneem het.
 
Somer 2006/7 ‘n Verdere waarneming vanaf Maart/April 2006 is met ooie en lammers gedoen. Die ooie het op natuurlike grasweidings gelam en vanaf Meimaand net Lespediza hooi (gemiddelde kwaliteit) op ou lande ontvang, asook ‘n tuisgemaakte produksielek. Die ooie was einde Februarie gedoseer en die lammers se eerste dosering was 23 Augustus 2006 saam met die ooie “net ingeval” daar parasiete kan wees. Ons plant geen groenvoer vir skape nie, hulle benut L. sericea hooi baie goed.
 
·          Vanaf 16 Desember 2006 tot 16 April 2007 is ‘n verdere proef gedoen met Lespediza weiding teenoor natuurlike gras weiding, die resultate met parasiete onderdrukking was weereens indrukwekkend.
 
·         Vanaf 11/12/07 is ‘n verdere proef met drie groepe lammers van 22 elk begin. Die 1ste proef is weer op Lespediza op 1ha in ‘n drie kamp stelsel, die 2de groep is op ‘n vrye keuse stelsel, hulle wei bedags op Lespediza en snags op natuurlike weiding, en die
      3de groep is die kontrole groep met ‘n drie kamp stelsel op natuurlike weiding. Op 17     Maart 2008 is die proef be?indig en resultate is op 26 Maart tydens ‘n inligtingsdag op Cedarville deur prof. G Bath bekend gemaak.
 
·         ‘n Verdere proef (sonder spesifieke vooraf beplanning) is die afgelope somer met ooie en ander jong skape gedoen. Ons het al die skape bedags op Lespediza laat wei en snags op ‘n 4 kamp wisselstelsel op natuurlike gras. Dit wil voorkom of hierdie stelsel baie goed werk. Die ooie is voorkomend Aug 2006 gedoseer net voor paartyd, en weer net voor lamtyd einde Feb. 2007. Gereelde mismonsters is geneem en basies geen
      parasiete gevind nie. Hierdie stelsel het twee voordele, eerstens, om die drakrag baie te verhoog (weidingsproewe wat ons reeds in 2001/02/03 gedoen het het bewys dat dragkrag 6 maal verhoog) Tweedens, parasietbeheer wat groot kostes spaar en veral ook gesonder skape op ‘n biologiese stelsel. 
 
             6. WEIDINGSPROEWE: 
In ‘n weidingsproef wat oor drie somers, met ‘n gemiddelde somerre?nval van 600mm gedoen is vanaf 00/01, 00/02 en 02/03, is vasgestel dat Lespediza se drakrag ongeveer 6 keer meer is as die van gewone grasweiding. Ons het ook vasgestel dat skape op Lespediza vanaf Oktober tot einde Januarie dieselfde groei as op natuurlike weiding, (maar met baie beter drakrag). Vanaf einde Februarie tot April groei skape steeds goed op Lespediza, maar op natuurlike grasweiding neem die groeitempo met 55% af teenoor Lespediza, as gevolg van swakker prote?ene op natuurlike gras in die herfs.
 
           7.HOOI
·         Maak goeie kwaliteit hooi, indien op regte stadium gehooi word.
·         Droog vinnig – sny en baal op dieselfde dag onder normale omstandighede.
·         Smaaklikheid en inname van hooi – geen probleem.
·         Kwaliteit en kwantiteit: ‘n gemiddelde RP van 12% met opbrengste van 5-9 t/ha/seisoen.
·         Produksiekoste: afhangend van die opbrengs – 40 tot 60% minder as bemeste Eragrostis hooi.
·         Beweiding in lente (los ± 10 cm stoppel) laat plante spruit – lei tot meer en dunner stingels wat kwaliteit van hooi verbeter.
·         Kan op verskillende stadiums gehooi word: hoe korter – hoe hoër proteïen & kwaliteit. Kan, sonder lentebeweiding, 2 goeie snysels per seisoen sny. Om saad (selfsaai) en hooi te doen,         
·          sny sodra saad begin “los kom” (saad wat val is genoeg om stand te verbeter en kry ook redelik goeie hooi).
·         Met snyproses moet snymasjien so hoog moontlik gestel word, ongeveer 6-10 cm is ideaal – hergroei kom weer aan stoppels. Waarneming is dat hergroei stadiger is op  korter stoppels.
·         Voer in hooiringe om vermorsing te beperk.                   
·         Suiwelproef – 2002 (Trevor Dugmore – Cedara) het bewys dat goed bemeste Eragrostis– en onbemeste Lespediza hooi dieselfde produksie per koei handhaaf – kostes bemeste Eragrostis hooi, R339 ton teenoor Lespediza R137 ton (2002 Neil Whitehead – Cedara) LW pryse soos in 2002
·         Snyproewe (plotte) deur Cedara met verskillende sny intervalle oor twee jaar, toon baie goeie proteïeninhoud en groot volume hooi opbrengste per ha – hierdie proef is op vlak marginale lande met ‘n fosfaatstatus van 3 dpm gedoen.
 
           8.   VESTIGING
·         Grondvoorbereiding is minder belangrik, maar saad moet nie dieper as 5 mm geplant word nie. As gevolg van vlak plant, bepaal beskikbaarheid van vog met plant die spoed en egaligheid van ontkieming
·         Aanbeveling: om die klein plantjies vir die eerste seisoen te beskerm, is dit goed om saam met ‘n eenjarige gewas soos tef of ‘n eenjarige gewas te plant. Sericea staan goed in koelte onder breëblaar gewasse en geniet beskerming teen warm son en droogtetoestande.
·         Kan moontlik in laer re?nvalgebiede met aanvullende besproeiing bestuur word, met ‘n gasheerplant soos hawer, koring of gars vir die eerste jaar. Kan ook onder besproeiing as somergewas bestuur word en einde somer “oorsaai” (sonder bewerking) met ‘n eenjarige roggras vir winterweiding tot laat winter waarna lente hergroei van Lespediza noukeurig bestuur moet word.
·         Kan saam met Eragrostus of Smuts vingergras geplant word – bestuur dan Lespediza. Na 4 tot 5 jaar verskaf Lespediza aan Eragrostus of vingergras  stikstof en vul hulle mekaar aan.                                                   
·         Gebruik gesertifiseerde saad.
·         Enting van saad is noodsaaklik.
·         Plantdatum: November tot Februarie – warmer dele tot Maart
·         Saaidigtheid: 15 – 25 kg/ha indien in rye gevestig, kan minder saad gebruik word.
·         Plantdiepte: nie dieper as 5 mm nie!! (plant soos lusern of tef).                                                                                                                                                                                  
·         Na plant:  MAAK DIE HEK TOE !! Los om sterk wortelstelsel te ontwikkel in 1ste seisoen. In 2de seisoen – wei lig in lente en los dan om goed te groei waarna dit kan bewei word, indien plante blom en saad produseer kan selfsaai, indien nodig, die volgende seisoen aangehelp word.
·         Onkruidbeheer en bemesting met vestiging kan vinniger vestiging tot gevolg hê (teen ‘n koste), bemesting met fosfaat en potas en bietjie N word aanbeveel.
·         Moet nie te gou uitploeg as ‘n mislukking nie (indien nodig – wees 3 jaar geduldig) 1 tot 2 plantjies per vk meter is genoeg om suksesvolle stand te verseker (neem net langer) – teen lae koste. Indien stand swak is, kan oorweeg word om die land na “self saai” in die winter te brand met ‘n sterk wind om saad “uit te dop”. Nadeel is dat humus beskadig kan word.
·         Kompeteer na opkoms baie goed met onkruid en word nie verdring nie – staan in koelte van ander plante
·         Lae potensiaal lande, vlak-, turf-, klipperige-, sanderige-, nat- en probleemgronde kan gevestig word.
 
           9. NADELE
·         Vestig stadig – kan 2 tot 3 seisoene neem.
·         Kan nie gebruik word as staandehooi nie – verloor blare na eerste strawwe ryp.
·         Vir weiding raak onsmaaklik as dit te hoog uitgroei – net boonste 30 cm bly smaaklik, ongeag die hoogte van die plant. Wanneer gehooi word, benut diere die hooi goed.
 
 10. OPSOMMING
·         Wanneer eers gevestig is – ‘n langtermyn, laekoste (geen N) weiding.
·         Selfsaaivermoë – plantdigtheid kan jaar na jaar verbeter, indien geduldig bestuur word.
·         ‘n Nie-opblaas peulplant.
·         Droogtebestand (verloor nie blare soos lusern nie), maar kan nat toestande hanteer.                                                    
·         Indien reg bestuur lewer Sericea goeie kwaliteit vroeë lenteweiding en na gehooi is, ‘n herfsweiding vir skape en beeste.
·         Maak goeie kwaliteit en “goedkoop” hooi.
·         Hooi droog vinnig – kan somtyds dieselfde dag sny en baal.                                                        
·         Groei in meeste grondtipes en benodig selde bekalking en/of fosfaatbemesting met plant. Indien fosfaat- of potasvlakke baie laag is, kan fosfaat en potas by vestiging bygevoeg word, selfs ‘n bietjie N kan vestiging aanhelp.
·         Skakel marginale en oulande om in produktiewe lande – verhoog plaas se somerdrakrag en hooiproduksiepotensiaal.
·         Verbeter  grondinhoud deur middel van die opbou van humus en verhoogde erdwurmaktiwiteit
·         Organies – geen/minimum gebruik van insekdoders en chemiese bemesting.
·         SA geproduseerde en gesertifiseerde saad nou geredelik beskikbaar.
·         Koste van saad per Ha is ongeveer R1200, daar is nie ‘n ander peulgewas wat kan vergelyk word met al die positiewe voordele van hierdie gewas nie, veral oor ‘n lang tydperk.  
 
 11.ERKENNING
·         John Fair – wat die aanvanklike Sericeaproewe begin het in sy hoedanigheid as weidingspesialis van die voormalige SA Wolraad.
·         KZN Departement van Landbou & Omgewingsake – navorsingspersoneel van Cedara en Kokstad, betrokke by baie proewe.
·         LNR – bystand en leiding.
·         Die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA.
·         Dr.Tom Tirrell, van Fort Valley Universiteit, Georgia, VSA,   prof. Gareth Bath Pretoria Universiteit asook prof. Jorge Mosjidis, Auburn Universiteit, Alabama VSA, wat groot moeite tydens my besoek in die VSA gedoen het om kennis uit te ruil.
 
Hierdie inligtingstuk is opgestel deur HARMONIE TRUST BOERDERY, na aanleiding van praktiese ervaring soos deur ons waargeneem sedert 1996 tot 2010 terwyl ons meer as 900ha. gevestig het, met positiewe resultate met hooi en weiding.   
                                                   
Besoeke aan ons word verwelkom – ons wys graag die volle spektrum van Lespediza aan besoekers. Ons kan ook kli?nte wat suksesvolle stande het in verskeie distrikte uitwys om ook inligting by te verkry.
 
LET WEL
Wanneer u saad aankoop, maak asb. seker dat die verkoper ‘n laboratorium sertifikaat kan toon vir suiwerheid en ontkieming. Enige aanplanting se saadkwaliteit is die belangrikste component. Moenie vir R100 per ha. besparing, na twee jaar eers u skade vasstel nie.   Ons kry baie klagtes van boere wat in die verlede ongesertifiseerde saad aangekoop het en later eers hul skade ontdek deurdat daar onkruidsaad teenwoordig was.
                                                                                                                                                                                     
DIE BEGINSELS MET LESPEDIZA AANPLANTINGS IS:
 
1. BOER SAAM MET DIE NATUUR
2. VERBETER GRONDINHOUD SAAM MET DIE NATUUR
3. VERLAAG PRODUKSIEKOSTES, MET WEIDING EN/OF HOOIPRODUKSIE
4. VERHOOG DRAKRAG
5. LAE ONDERHOUD
6. OMSKEP MARGINALE LANDE, NA HOOGS PRODUSERENDE LANDE
ONTHOU – LESPEDIZA IS ‘N EKONOMIESE WENNER !!!
 PLANT EEN KEER !!!
                    GEEN VERDERE GRONDBEWERKING !!!
                                            KAN BAIE JARE PRODUSEER!!!
                                                          VERBETER GRONDINHOUD.
 
Gesertifiseerde saad se prys is R60 kg en verpak in 25 kg sakke.
                                          
Vir saadbestellings kontak: Hendrik Botha (harmonie@veturenet.co.za
039-7373935 of  083-3054726
 
11 Mei 2010
 
 Lees ook:
 
 

Kommentaar

Een kommentaar op “Armmanslusern -2

  1. Hugo van der Merwe
    Hugo van der Merwe

    Kan armmanslusern in Namakwaland gevestig word?Reënval ±110mm per jaar met besproeiing. Indien haalbaar hoeveel besproeiing en hoe gereeld. Somer temperature tot 50 grade is al gemeet.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X