Vra vir Faffa

Area benodig vir ‘n paar rooibokke

Vraag

Ek het `n naweekplot van 8,5 hektaar in Kromdraai tussen Thabazimbi en Bela-Bela. Ek het die grond gekoop vir naweek wegbreek. Graag wil ek verneem of die volgende goeie praktyk sal wees? EK is tans besig om 3 x 1000 L "guzzlers" te bou vir reënwater opvangs. Ek het ook een groot ongeveer 400 vierkante meter dam en twee kleiner sementdamme. Ek wil baie graag so 6 - 8 rooibokooie met een ram op die grond sit. Neem kennis asb. dat dit slegs vir naweekontspanning is. Is die area groot genoeg?

Antwoord

Ek het nie die veld gesien nie, maar dit klink vir my reg om die paar rooibokke daar te laat loop. Indien die weiding in die laat winter sleg lyk, sal hul effens byvoeding soos pille of lusern moet kry.

 

Geskryf deur:

Prof. W. van Hoven DSc.  Pr.Sci.Nat.

Director of Center for Wildlife Management (Ret.)

University of Pretoria

Chairman: Ecolife Programmes

www.ecolife.co.za

MD Wildlife Protection Solutions-SA

www.WildlifeProtectionSolutions.org

tel. 0825573142

sel. 0825573142 (mobile)

fax. 0866226916

SKYPE: woutervanhoven

11 Maart 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Area benodig vir ‘n paar rooibokke

  1. mkruger
    mkruger

    Jy moet uitvind wat Natuurbewaring se.
    Hier in die NW is die kleinste wat natuurbewaring toelaat 100 ha.
    As jy met buffels wil boer moet dit groter as 400 ha wees.
    As jy die plaas in kleiner dele wil opdeel is daar ook wetgewing aan verbonde.
    Die wette verskil van provinsie tot provinsie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X