Vra vir Faffa

Antwoorde oor Dexters

Vraag

Ek oorweeg dit om 'n klompie Dexters aan te skaf maar is onseker oor die prys. Die kudde is nou nie stoetkwaliteit nie, maar is aanvaarbaar. Kan julle dalk help met die volgende vrae: - Wat is die gemiddelde prys vir 'n koei en vir jong versies (6 - 12 maande)? - Op watter ouderdom/gewig kan verse gedek word? - Op watter gewig kan hulle geslag word?

Antwoord

Die gemiddelde prys van vroulike diere is as volg:

 

Verse R4000 tot R8000 – Stoet asook kwaliteit speel ‘n groot rol by die bepaling van prys.

 

Koeie R 5000 – R16000 – Kwalieit speel n groot rol !!!! 

 

Dit is wenslik dat ‘n vers op die ouderdom van 2 jaar en 6 maande reeds gekalf het of ten minste swaar dragtig moet wees. Die meeste Dexterverse het alreeds op die ouderdom 24 maande gekalf. Belangrik – gebruik altyd  ‘n Stoetbul (SP bul) en moet nooit ‘n graad of kommersiële bul gebruik nie.

 

Vanwee die Dexterras se grootte sou ek aanbeveel dat die bulletjies tussen die  ouderdom van 18 – 24 maande geslag word.

 

Graag wil ons jou vriend ook uitnooi na ons Overvaalklub se jaarlikse veiling op Saterdag 16 Maart 2013 by die Pretoria Skougronde. Aangesien ons een veiling per jaar aanbied, is dit seker ‘n geleentheid wat elke belangstellende moet bywoon.

 

Indien enige verdere inligting verlang word kan u my gerus nader.

 

Geskryf deur: Piet v d Merwe, 082 952 1084, (pietpetrovandermerwe@gmail.com)

 

22 Februarie 2013


Kommentaar

Een kommentaar op “Antwoorde oor Dexters

  1. Johan Swarts
    Johan Swarts

    Het julle nuusbrief of webwerf war mens meer kan lees oor die dexters .


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X