Vra vir Faffa

Aggresiewe Jack-Russell-kruising

Vraag

Ons het 3 honde. Die worsie is 5 jaar oud, Pug kruising is ook 5 jaar oud en worshond-Jack Russell kruising is 3 jaar oud. Die jongste is 1,5 jaar gelede aangeneem vanaf die DBV. Hulle is drie tefies en gesteriliseer. Voor die aanneming van die jongste, het die Pug en worshond nog nooit aggresief geraak met mekaar nie. Vandat ons die jongste een aangeneem het, knor sy gereeld vir die worshond. 'n Paar maande terug het sy die worsie gebyt in haar nek, omdat die jongste met haar bal gespeel het en die worsie wou ook speel met die bal. 'n Week daarna het die jongste weer die worsie gebyt in haar nek, toe die tuinier kom werk het. En nou, 2 weke terug het sy haar weer gebyt, alweer wanneer die tuinier kom werk het. Ons weet nie wat om te doen met die jongste een nie. Sy is ongelooflik liefdevol en wil baie aandag hê. Dit is ook die geval met die worshond. Kan jy asb vir my raad hoe om hierdie situasie te hanteer of wat ek moet doen asseblief.

Antwoord

Die Jack Russelltjies het maar ‘n kort humeur, en boonop is dit drie tefies, en almal min of meer dieselfde grootte – alles faktore wat bydra tot inter-hondaggressie.  Die omstandighede wat aanleiding gee tot bytinsidente hier is redelik duidelik – ek sou dus voorstel dat die omgewing beter bestuur word sodat hierdie tefie haarself nie in situasies bevind waar sy haar aggressie nie kan beheer nie.  Dit sou beteken om haar bv te skei van die ander honde wanneer die tuinier (of ander kuiergaste) kom, en die balspelery moet maar liewers end kry tensy mens haar dan apart kan besig hou wanneer die ander bal speel.

Dit wil tog voorkom of sy redelik angstig is en angswerende medikasie asook feromoonprodukte (verkieslik Adaptil) wat by die veearts bekombaar is, sal waarskynlik help.

Geskryf deur:

Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Lecturer: Ethology, Welfare, Nutrition, Behavioural Medicine, Community Engagement

Department of Companion Animal Clinical Studies

Faculty of Veterinary Science

University of Pretoria

Private Bag X04, Onderstepoort, 0110, Gauteng, South Africa

Tel +27 12 529 8472

Fax +86 689 0445

16 Junie 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Aggresiewe Jack-Russell-kruising

  1. mkruger
    mkruger

    Ek is nou nie ‘n slim dokter nie maar die klink vir my na jaloesie.
    Die ouer hond byt die worsie as sy met die jongste speel omdat sy jaloers is ens.
    Wanneer die werker miskien aandag aan die jongste gee raak hulle ook jaloers.
    ‘n Ander moontlikheid is dat die diere ook maar trop diere is en dat hulle nou sukkel om ‘n hierargie te vestig. Toe daar net twee honde was het elkeen sy plek geken.
    Onthou ook dat baie mense worsies onderskat.
    Hulle staan nie terug vir ‘n geveg nie.
    My worsie het bene stukkend gekou en geeet wat my Jack’s nie kon stukkend breek nie.
    Jy sal maar moet leiding neem hier van die trop.
    Jy moet ook jou aandag eweredig versprei.
    Dit is maar soos met kinders.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X