Afronding van lammers met korn kandy met lusern- of tefhooi
Vraag
Sal jy lammers op voerkraal kan afrond met slegs heelpit mielies wat met korn kandy gemeng is en lusern of tefbale wat ad lib beskikbaar is? Gaan dit nodig wees om lammers voerkalk ook te gee as hul oorgaan na die mielie met Korn-Kandymengsel? Gaan die mengsel hul nie laat opblaas nie?Antwoord
Lammers kan met Korn Kandy mielies afgerond word. Die mengsel is 200 kg mielies, 25 kg Voermol Korn Kandy (V1551), 25 kg Procon 33 (V12701) en 3 kg gebluste kalk. Waar hamellammers of ramme gevoer word, sluit 2.5 kg ammoniumchloried by die mengsel in om blaassteenvorming te voorkom. Die Procon 33 kleef nie aan die mielies nie en daarom moet die Korn- Kandymielies in lynkrippe gevoer word. Soos met enige afrondingsrantsoen wat baie mielies bevat, is ‘n gelykmatige aanpassing oor 14 dae nodig. Ruvoer moet ad lib beskikbaar wees, maar die gehalte moet swakker as eerste graad lusern wees, anders vreet die lammers te veel lusern en te min Korn- Kandy mielies. Te veel goeie gehalte lusern verleng die voerperiode en verlaag die voeromsetverhouding.
Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol (hendrikvp@mweb.co.za)
23 Februarie 2018
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans