Vra vir Faffa

Afronding van bulle

Vraag

Ek wil graag 'n klompie bulle op die veld afrond vir 'n veiling oor 3 maande. Hulle weeg nou so 620 kg op 30 maande ouderdom en ek wil hulle so naby moontlik aan 800 kg voer. Kan u asb. help met 'n voerresep. Ek het mielies, kameelboompeule en hooi (kalahari suurgras). Dankie by voorbaat.

Antwoord

Om die bulle van 620 kg tot 800 kg in drie maande te laat groei, moet hulle gemiddeld 2 kg per bul per dag in massa toeneem. Gevolglik sal die bulle basies ad lib. gevoer moet word om hierdie teikenmassa betyds te bereik. Meng die volgende kragvoermengsel:

200 kg Voermol SB 100
 80 kg Voermol Melassemeel
500 kg gemaalde mielies
225 kg gemaalde kameeldoringpeule. 
         1 005 kg TOTAAL
 
Begin op die eerste dag met 3 kg/bul/dag van die kragvoermengsel en verhoog dit elke derde dag met 1 kg/bul totdat ad lib.-voedingspeil bereik word. Daar moet te alle tye (24 uur per dag) ad lib. hooi beskikbaar wees anders gaan die bulle laminitis kry of opblaas en vrek van asidose (suurpens). Indien die groei van die bulle te stadig is, moet die kameeldoringpeule uitgehaal word en met dieselfde massa gemaalde mielies vervang word, want die kameeldoringpeule se energie is te laag om ‘n hoë groeitempo te onderhou.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
9 Junie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X