Vra vir Faffa

Afrika Perdesiekte tipe 7

Vraag

Het daar uitbreke van Afrika Perdesiekte tipe 7 hierdie seisoen voorgekom?

Antwoord

Baie perde eienaars is onder die indruk dat hulle perde positief getoets het vir Afrika perdesiekte tipe 7.

Waar hierdie misverstand heelwaarskynlik vandaan kom, is dat die verslag wat van die Perde Navorsing Sentrum (Equine Research Centre [ERC]) af kom van AHSV-VP7 praat as negatief of positief. (AHSV = African Horse Sickness Virus)

Die VP7-positief verwys na ‘n virusproteïen 7  wat algemeen in al die serotipes van Afrika Perdesiekte voorkom. Dit is dus die proteïen wat geteiken word as getoets word met die PKR metode. Dit is NIE die serotipe nie.

Hierdie afgelope somerseisoen is daar nie ‘n enkele geval van tipe 7 perdesiekte aangeteken nie.

Inligting verskaf deur:

Dr. Camilla Weyer

BVSC, MSc

DAFF authorised Veterinarian

State Vet Boland authorised Veterinarian

(Movement Control and Equine Disease Surveillance)

and Research Officer

Equine Health Fund, Wits Health Consortium

Equine Research Centre liaison

Cape Town

camillaweyer@gmail.com

 

28 April 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X