Vra vir Faffa

Aborsiestorm in Holsteins

Vraag

Ek het ’n geslote kudde van 50 Holsteins. Help my asb! Ek het nou 5 koeie na mekaar gehad wat aborteer op ongeveer 7 maande. Die kalwers het nie hare op hulle nie. Die eerste groot kommer is besmetlike misgeboorte in die kudde. Die staatsveearts is ingeroep en die diere is gebloei onder my toesig. Die toetse negatief. Wat nou? Is daar ander faktore wat die aborsies kan veroorsaak? witpen2@gmail.com

Antwoord

Jammer om te hoor van u groot skade!

Die belangrikste is dat u so gou moontlik ‘n diagnose moet maak. As daar weer ‘n koei aborteer, moet die fetus so gou moontlik na die veearts geneem word, sodat monsters geneem en na ‘n laboratorium weggestuur kan word vir ontleding. Neem die vrugvliese ook saam. Pak die fetus en vrugvliese met ys in ‘n koelhouer om ontbinding teen te werk.
Daarhet al heelwat antwoorde oor aborsies in beeste op Vra vir Faffa verskyn.Gaan na “Beeste: Alle antwoorde op Vra-vir-Faffa en Dierevoeding” waar u die skakels sal vind.
Ek beveel aan dat u die volgende antwoorde deeglik bestudeer en weer met u veearts in verbinding tree.
Aborsies, dragtigheidsverliese
          Aborsies in beeste: wat doen ek?
         Dragtigheidsverliese by melkkoeie
         Aborsie van vers
         Inenting van beeste om aborsies te voorkom
         Middels en aborsies
         BVD entstof en aborsies
         Neosporose-nóg ? oorsaak van aborsie
         Alles oor Besmetlike misgeboorte (BM)
         Brusellose: Wat staan ons te doen?
         Vrae, antwoorde oor besmetlike misgeboorte
         Koeie positief getoets vir besmetlike misgeboorte
         Nóg vrae oor besmetlike misgeboorte
         RB 51-inenting teen brusellose in dragtige koei
         Kompensasie vir BM en TB positiewe beeste?
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
19 Desember 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X