Vra vir Faffa

Aantal ramme vir ooie

Vraag

Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?

Antwoord

Volwasse Dorperooie wat gekoggel is, moet met 3 % ervare ramme (dit is ramme wat voorheen as teelramme gebruik is) of 4 % onervare ramme gepaar word. 

 

Jongooie moet slegs met ervare ramme teen 4 % gepaar word.  Wanneer ooie nie gekoggel is nie, is daar dikwels te min ooie bronstig met die aanvangs van die dekseisoen en indien dan te veel ramme by die ooie gesit word, baklei hulle en dit gee aanleiding tot beserings en selfs vrektes asook die ontwikkeling van  ‘n dominasie-effek. Dit kan  die lampersentasie negatief beïnvloed.  Waar ooie gekoggel is, behoort 5 % ramme nie te veel te wees nie.

 

Geskryf deur: Dr. Jasper Coetzee

Jasper Coetzee Consulting

Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell.

Professionele Veekundige (400328/83)

Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant

Adres: Posbus 12022, Die Boord, 7613

E-pos: jasperco@iafrica.com

Sel: 076 846 8800

 

19 Junie 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X