Vra vir Faffa

Aantal ooie per ram en sinchronisering

Vraag

My Dormer skaapboerdery hardloop tans op ‘n 3 keer in 2 jaar lamstelsel en ek wil van sponse gebruik maak om optimale wins en lampersentasie te kry. Hoeveel ooie kan ’n ram op ‘n dag dek en hoe lank moet die ram dan nog inbly by diesefde ooie om dekking te verseker? Hoe lank moet die ram dan rus voor hy weer kan gebruik word vir die volgende groep ooie? Hoor graag van jou. Groete.

Antwoord

Die norm is 5 ooie by ‘n dekbehendige getoetste fiks ram (jy kan na 8 ooie toe gaan op ouer ramme, maar die beste resultaat is maar met 5).

As jy die oggend vroeg sponse onttrek sit jy die middag 4 uur die ram by vir 24 uur. Laat rus ram na die 24 uur vir een dag en herhaal vir maksimum van 5 siklusse, waarna die ram vir 4 weke gerus moet word.

Jy kan teoreties in 6 weke 25 ooie met  een ram dek. Ramsem sal die program verskaf met die aankoop van die sinkronisasiemiddels.

Geskryf deur: Dolf Bam, Aan-de-Vallei Dormers, www.aan-de-vallei.co.za

www.facebook.com/AanDeValleiDormers (dolf@aan-de-vallei.co.za)

16 Februarie 2016

Lees ook: https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/sinchronisasie-van-kleinvee/


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X