Vra vir Faffa

Aanplanting van Japanese radyse en rape onder besproeiing

Vraag

Ek boer in Molteno. Ek verneem graag of die aanplantings van Japanese radyse en rape gedurende die lente (Sept) ‘n moontlikheid is. Ek het lande wat besproei kan word. Die gedagte is om ooie met lammers asook dragtige ooie daar op te laat wei. Voersorghums kan eers gewoonlik gedurende die laaste week van November aangeplant word vanweë die grondtemperatuur wat dan eers voordelig is vir ontkieming. Ek het al verskeie webtuistes besoek waar verwys word na lente aanplantings, maar alles verwys na plase in klimaatsgebiede in Amerika en Asië. My oorweging is tweeledig nl. goeie weiding vir produserende diere en om my lande se profiel te verbeter vanweë die relatief hoë veelading vir ‘n langer periode. Ek sal baie dankbaar wees vir leiding en advies. Ek het met sukses gedurende Januarie die variëteite nl. Nooitgedacht en purple top gevestig.

Antwoord

Ek is nie bewus van enige voerradyse of rape wat met sukses in September aangeplant is nie. Die normale planttyd is Februarie. In die onderstaande tabelle is wel resultate van later aanplantings (Maart en April) aangedui. Van elke gewas en plantdatum word drie stelle resultate gegee.

Stel 1 is wanneer die die eerste snysel/weiding 10 weke na plantdatum gesny of gewei word, daarna volg twee hergroeie van 4 weke elk en wanneer die laaste hergroei gewei/gesny word, word die knolle ook uitgehaal om gevoer te word.

Stel 2 is wanneer die die eerste snysel/weiding 14 weke na plantdatum gesny of gewei word, daarna volg een hergroei van 4 weke elk en wanneer die hergroei gewei/gesny word, word die knolle ook uitgehaal om gevoer te word.

Stel 3 is wanneer die die eerste snysel/weiding 14 weke na plantdatum gesny of gewei word, daarna volg geen hergroei nie. Op 14 weke word gewei/gesny en word die knolle ook uitgehaal om gevoer te word.

In al die gevalle word die die totale produksie vir die seisoen aangedui, asook die periode van beskikbaarheid

Nooitgedacht Voerradyse en raap aanplantings

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingkonsultant (chriswei@vodamail.co.za)

3 Augustus 2014


Kommentaar

Een kommentaar op “Aanplanting van Japanese radyse en rape onder besproeiing

  1. Vlooi v Rensburg
    Vlooi v Rensburg

    Tot wanneer kan rape gevoer word? Kan dit toksies raak wanneer dit saad geskiet het.
    vlooivr.bethel@gmail.com


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X