Vra vir Faffa

Aanplant van weiding vir Boerbokke in Orkney/Stilfontein

Vraag

Ek wil graag met boerbokke begin boer in die Stilfontein/Orkney area. Die plot is teen die rivier gele?. Watter weiding soos bv. grasse kan ek in my kampe begin plant wat goed sal wees vir die boerbokke? Enige ander raad sal ook waardeer word.

Antwoord

Boerbokke is natuurlike blaarvreters, maar dit is al oor en oor bewys dat hul ook 100% op gras kan wei. Op Cedara is daar baie navorsing gedoen oor bokke op Kikoejoe. In die Stilfontein/Orkney gebied is die volgende somergrasse aangepas:

Droëland: Smutsvinger, al die kweekgrasse, bloubuffel, witbuffel, borseltjiegras, Rhodes, ens. Rhodesgras hou nie van kort beweiding nie en sal dalk nie vir bokke geskik wees nie.
Onder besproeiing kan kikoejoe vir die somer en langswenkgras vir die winter gebruik word.
Geskryf deur: prof Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
4 November 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X