Vra vir Faffa

Aanplant van weiding op die Hoëveld

Vraag

Wat se weiding kan nou nog op die Hoëveld geplant word?

Antwoord

Op die Hoëveld waar daar tradisioneel winterweiding geplant word, met ‘n reënval van 650+mm en waar dit in Maart/April ook nog reën, kan wintergroenvoer van nou tot in April nog geplant word. Die kans vir suksesvolle vestiging is groter indien dit in die afgelope drie maande meer as 200 mm gereën het.

Daar is ook in navorsing in die Pretoria-omgewing bevind dat met strategiese besproeiing (± 250 mm deur die winter) kan so laat as Mei winterweiding gevestig word.

LS 35 Stoelrog en Witteberg Hawer het onder beweiding ondersheidelik 2.8 t/ha en 3.2 t/ha tot in Augustus gelewer.

Dikwels word daar ook gevra tot waneer kan Voersorghum geplant word. Die beste plantyd bly Oktober/November, wat hierdie seisoen nie orals moonlik was nie.

Daar is proewe gedoen met later aanplantings in Desember, Januarie en Februarie. Dit was in ‘n seisoen waarin die reënval van Desember tot Junie 220 mm was. Die resultate onder beweiding en kuilvoerverbouing word in die grafiek aangedui. Onder beweiding was die totale produksie van Desember tot Junie net oor die 8 t/ha en van Februarie tot Junie net oor die 2 t/ha.

Die laat plantdatum het ‘n drasties vermindering tot gevolg gehad, maar in ‘n noodtoestand is 2 t/ha beter as niks.

Die kuilvoer produksie is meer drasties benadeel van 18 t/ha tot 2 t/ha.

Geskryf deur: Professor Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

27 Februarie 2018

Vir grafiek klik op onderstaande pdf.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X