Vra vir Faffa

Aanplant van weiding in suurveldgebied

Vraag

Ek is in die Nylstroom-area, Limpopo. Ek wil graag weet watter tipe grasse ideaal is om aan te plant vir skape en beeste. Dit is 'n suurveldbioom.

Antwoord

Dit hang af of u besproeiing het of nie. Maar kom ons gee ‘n breë aanbeveling, dan kan ons later in meer detail antwoord as u meer vrae het.

Somer (om te plant Nov./Des. of Februarie):
Bloubuffelsgras bly die beste vir die Bosveld. Dis meerjarig en geskik vir weiding en hooi.
‘n Baie goeie eenjarige somerweiding is ‘n nuwe baster millet (babala) byvoorbeeld Hypearl millet. Dit gee baie vinnig weiding (binne 40-50 dae). Nog ‘n eenjarige is voer sorghum wat gewei en vir kuilvoer gebruik word.
Lente en Herfs (om te plant Maart/April):
Langswenkgras is ’n koelseisoengewas wat besproei MOET word. Baie produktief in die koeler maande, maar dormant in die somer.
Vir die winter (om te plant Maart/April):
Eenjarige raaigras (bv. kultivar Jeanne) vir die wintermaande, maar onder besproeiing.
Stoelrog en hawer is meer droogtebestand, maar moet ook besproei word.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
21 September 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X