Vra vir Faffa

Aanplant van boomlaning

Vraag

Ek wil graag weet watter tipe bome geskik is vir 'n laning in die Wardendistrik? Ek is op soek na iets wat vinnig groei en wat die koue kan weerstaan.

Antwoord

U meld ongelukkig nie of die laning as ‘n windbreek moet dien en hoe hoog die bome in die laning uiteindelik moet wees nie.

Daar is nie ‘n groot keuse as dit by inheemse boomsoorte vir hierdie doel in die Wardenarea kom nie, weens die koue winters in hierdie gedeelte van die Oos-Vrystaat.
Die beste inheemse opsie sal die karee (Rhus lancea) wees. Hierdie bome sal die winter temperature weerstaan en is immergroen, maar hulle word nie baie hoog nie.
As u ‘n ho? laning benodig wat soos bv. langs ’n pad wat bo toemaak, is plataanbome die antwoord. Daar is ook spesies wat mooi bont stamme het wat ‘n verdere aantrekking is, maar hulle is bladwisselend.
‘n Spesifieke akkerboomsoort, Quercus elex, is regtig ‘n baie mooi boom is immergroen en sal die koue trotseer. Dit lyk heel anders as die gewone eikeboom wat ons ken, maar hulle sal ook geskik wees.
Dan is daar ook ‘n aantal Eucolyptus soorte (bloekombome) waaruit u kan kies. Hulle is ook immergroen en koue bestand.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant (whitlockv@yahoo.com)
16 Maart 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Aanplant van boomlaning

  1. Melanie van Heerden
    Melanie van Heerden

    Sal wit stinkhout bome dalk n opsie wees vir windbreek langs n pad vir n laning in die Oos Vrystaat?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X